Local newsNews

Talentvolle Gina skitter in balleteksamen

Gina is egter nie net 'n baie talentvolle ballerina nie, maar ook 'n kranige hekkies en 200 m naelloop atleet

Gina van der Westhuizen, ‘n graad 10-leerder van Hoërskool Parys het ‘n grasieuse eerste plek losgedans in die Intermediate Cecchetti balleteksamen.

Gina is ‘n student by Riëtte Odendaal se On Pointe Ballet studio, en is sy dié studio se derde agtereenvolgende danser om die hoogste punt vir die Noordwes en Vaaldriehoekstreek in die Cecchetti eksamens te behaal. Onder die ballerinas wat in die verlede beloon is met die trofee vir die Beste Intermediëre Danser vir Chechetti in die Noordwes-provinsie, is nog twee Parysenaars, Mizelle Terre’Blanche (2019) en Janine van der Merwe (2021).

Gina het op 4-jarige ouderdom begin ballet by Jacky Campher in Parys. Toe Jacky in 2021 die tuig neerlê, het Gina haar balletopldeiding by Riëtte voortgesit.

Gina is egter nie net ‘n baie talentvolle ballerina nie, maar ook ‘n kranige hekkies en 200 m naelloop atleet wat ‘n vyfde plek vir hekkies by die Vrystaat atletiekkampioenskappe behaal het.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button