Local newsNews

Kennis haal die angel uit die vrees vir bye

As jy wegaan vir die Paasnaweek en weet dat jy allergies is vir bye, onthou om die nodige medikasie saam met jou te neem.

Hoewel bye in Suid-Afrika nie as ‘n bedreigde spesie beskou word nie, wil dit lyk asof die klein maar baie nuttige insek in ons ekosisteem stadig besig is om regoor die wĂȘreld uit te sterf.

Juis daarom is dit so belangrik dat ons bye moet beskerm.

Bye kan egter baie gevaarlik wees. Daarom moet jy as jy las het met bye in jou erf of op ‘n perseel, nie ‘n nes self probeer verwyder nie, maar verkieslik eerder iemand met die nodige kennis kry, waarsku Melville Joubert, ‘n plaaslike byeboer. Anders keer hulle eenvoudig terug na die nes, waarsku hy.

Bye help om plante en gewasse lewend te hou deur bestuiwing. Bestuiwers dra stuifmeel en sade oor van een blom na die volgende, en bestuif die plante om te groei en voedsel te produseer.

Kruisbestuiwing help ten minste 30 persent van die wĂȘreld se gewasse en ten minste 90 persent van ons wilde plante floreer as gevolg van bye. As bye nie saad versprei nie, sal die meeste van ons plante en gewasse uitgewis word.

“In die Vredefort Koepel-area is ons nog gelukkig om heelwat bye hier in die natuur te hĂȘ. Om bye aan te hou moet jy egter geregistreer wees,” sĂȘ Melville.

Hy verduidelik ook dat bye baie agressief kan wees wanneer daar afgestig word sodra ‘n nes te vol raak. Die beste is daarom om nie die bye te pla nie, en om hulle ook nie met plaagdoder te spuit nie. Kry iemand met die nodige kennis wat jou kan help en die beste advies sal kan gee.

Bysteek – wat om te verwag

In die meeste gevalle veroorsaak ‘n bysteek ‘n matige gelokaliseerde reaksie waar die by jou gesteek het. Jy kan swelling, rooiheid en selfs intense pyn verwag waar die by jou gesteek het. ‘n Jeukerigheid en irritasie van die vel is ook nie ongewoon nie. Dit sal egter beperk wees tot die plek waar die by jou gesteek het en kan jy die genoemde simptome dalk vir ‘n paar dae ervaar. In sommige gevalle kan ‘n matige tot he-wige allergiese reaksie wel voorkom.

Hoe gemaak as ‘n by jou steek?

* Skraap die angel onmiddellik uit met ‘n plat voorwerp om te verhoed dat die gif van die angel versprei.

* Maak die geaffekteerde deel goed skoon met warm water en seep.

* Sit ‘n yspak op om swelling en rooiheid te help voorkom. Monitor die persoon vir enige allergiese reaksie. Moenie die steekplek krap nie.

Sou jy enige van die volgende simptome na ‘n bysteek hĂȘ, kan dit dalk op ‘n ernstige allergiese reaksie dui waarvoor jy dringende mediese hulp moet kry:

* Vel wat jeuk of ‘n uitslag verder as die direkte omliggende area van die bysteek.

* Swelling rondom die oë en swelling van die tong.

* Kortasem of probleme met asemhaling,

* Braking en koue en klam vel

* Deurmekaar

As jy allergies is vir bysteek is dit baie belangrik dat jy seker maak dat jy die nodige medikasie byderhand het ook wanneer jy met vakansie gaan, en dit dan by jou te hou.

‘n Goeie wenk is om ook wanneer jy beplan om weg te gaan, vooraf jouself te vergewis van waar die naaste mediese fasiliteit in die omgewing is waar jy sal tuisgaan.

(Inligting oor bysteek verskaf deur Cert-SA )

Related Articles

Back to top button