Local newsNews

Vreugdevure brand hoog vir Bothaville en Parys

Baie geluk aan al die spelers en hul afrigters.

Hoërskool Bothaville se netbalspan is pas as die toernooiwenner van die Namgola Sportweek in Parys aangewys. Bothaville se hulpdoel, Lize-Marié Meyer is ook bekroon as die Speler van die toernooi.

Die span van Hoërskool Parys het ‘n welverdiende tweede plek ingeneem.

Skitterende spel is gesien en was die Sportweek ‘n uitstekende geleentheid vir spelers vir afronding en voorbereiding vir die seisoen.

Vanjaar het spanne van Zastron, Sasolburg, Die Ankerskool, Bothaville, Brandfort, Parys, Panorama en Zeerust mekaar die stryd aangesê op die netbalbaan.

Die aksiefoto’s is geneem tydens Parys se kragmeting teen Panorama vroeër vandag, Maandag 25 Maart. 

Die Sportweek wat van Vrydag 22 Maart aangebied is, loop vandag ten einde.

Die laaste rugbywedstryd is om 13:00 wanneer Parys teen die span van Hoopstad te staan kom op Parys se tuisveld. 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button