Local newsNews

Drie ure en 55 sakke vol vullis later

’n Klein klompie gewillige mense kan in ’n kort tydjie ’n groot verskil maak,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Die AfriForum-tak in Viljoenskroon het op 16 Maart die ingang vanaf Kroonstad getakel en die vullis langs die pad opgetel, die padsirkels se gras gesny, bome gesnoei, padgeute skoongemaak, netjies gemaak daar waar die vetplante op die verkeerseiland groei en ook ’n stormwaterdrein skoongemaak. Daar is 55 sakke vullis verwyder. Ongeveer 12 mense was betrokke by hierdie skoonmaakprojek en dit het hulle ongeveer drie ure geneem om die ingang skoon te maak.

Die tak het hierdie inisiatief begin omdat die ingang baie sleg gelyk het en nie onderhou word nie. Hierdie dorpsingang word deur baie besoekers en inwoners gebruik. Besoekers wat Saterdag van Heilbron gekom het vir ’n sportdag by die plaaslike skool, kon beslis die verskil sien toe hulle later die dorp verlaat.

“Baie dankie aan die inwoners wat kom hand bysit het. Die tak wil ook nou toerusting aankoop vir hierdie tipe aksies en sal enige donasies waardeer,” sê Attie Barnard, waarnemende voorsitter van die AfriForum-tak in Viljoenskroon.

“Baie dankie aan die takbestuur wat met hierdie inisiatief vorendag gekom het.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button