Local newsNews

Feathers se klublede kuier saam

Die Maart-uitstappie word vir die eerste keer in die middag gehou. Klublede besoek dan weer Waterfall Estate

Tydens SASAS se Februarie besoek aan Tava Lingwe is die groep hartlik ontvang, en die versekering gegee dat Feathers Voëlklublede hier altyd welkom is. Na die voëlkyk-sessie is daar vleis gebraai en gekuier in die ‘Bird Camp’.

Die dag se besoek het verras met vier nuwe voëlspesies wat vir Tava Lingwe se lys aangeteken is. Saam met die 4 nuwe spesies is in totaal 35 spesies die Saterdag op Tava Lingwe gesien.

Feathers klublede kuier gesellig saam in die ‘Bird Camp’ by Tava Lingwe.

Aangesien Goeie Vrydag op die laaste Vrydag van Maart val, is daar besluit om Feathers se aktiwiteite ‘n week vroeër te skuif. Die byeenkoms is nou op Donderdag, 21 Maart om 18:30 by die Sally Martin Park saal. By die geleentheid sal Peter en Poppie gesels oor die voëls wat hulle gesien het.

Die Maart-uitstappie word vir die eerste keer in die middag gehou. Klublede besoek dan weer Waterfall Estate. Die groep vertrek om 15:00 vanaf Rias Tuine net buite Parys (ongeveer 1 kilometer oor die brug op die Potch-pad).

Belangstellendes is welkom om beide geleenthede by te woon maar onthou jou piekniekmandjie, verkyker en ‘n stoel vir die uitstappie.
Vir meer inligting oor Feathers-voëlklub skakel Hansie Bekker by (056) 811 4754 / 082 820 4306, of Peter Killian by 083 625 8100, of Martin Wolmarans by 082 851 2121.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button