Local newsNews

85-jarige Andre trap weer vir SA’s

Vanaf 21 Maart tot 24 Maart gaan Andre weer op dieselfde baan waar sy fietsryloopbaan begin het, die Westbourne Oval in Gqeberha, aan die Suid Afrikaanse Baanfiets kampioenskappe deelneem in die ouderdomsgroep 80+.

Op ‘n jeugdige 86-jarige ouderdom sal Andre Joubert van Parys van 21 tot 24 Maart in Gqeberha aan die SA Baanfietskampioenskap deelneem.

André het reeds as 12-jarige op kompeterende basis aan baanfietsrenne begin deelneem. op die Westbourne Oval in die ou Port Elizabeth. As lid van die Oostelike Provinsie se fietryspan het hy verskeie rekords opgestel.

Op 16-jarige ouderdom word hy vir die eerste keer gekies om aan die Suid Afrikaanse kampioenskappe in Bellville te gaan deelneem. As jong man van 22 het Andre sy fietsryloopbaan tydelik onderbreek, en van die OP na die Vrystaat verhuis waar hy in die Parys-distrik begin boer het. Later jare het Andre weer begin fietsry, en in 1975 in Parys ‘n klub begin waar hy skoolseuns suksesvol afgerig het.

Van links is André Joubert, Boetie Sherer en Charlie Minnie.

Andre het ook sy Noord-Vrystaat kleure gekry in die meesters afdeling vir fietsryers ouer as 60 jaar.

Gedurende 2008 en 2009 het hy as lid van die Suid- Afrikaanse Meesterspan in Perth, Australië, aan die Meesterskampioenskappe gaan deelneem.

Hier het hy die Suid-Afrikaanse rekords in die 200m snelrit en die 500m tydtoets verbeter.

Sy indrukwekkende rekords het gestaan tot Desember 2023 toe dit verbeter is deur ‘n ander Suid Afrikaanse ryer, Walter Thornhill.

Vanaf 21 Maart tot 24 Maart gaan Andre weer op dieselfde baan waar sy fietsryloopbaan begin het, die Westbourne Oval in Gqeberha, aan die Suid Afrikaanse Baanfiets kampioenskappe deelneem in die ouderdomsgroep 80+.

Andre gaan in sy afdelingsgroep kompeteer teen fietsryers soos John Moss en Walter Thronhill, die huidige SA Kampioen in die 200m snelrit en 500m tydtoets.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button