Local newsNews

Heilbron inlywing: Baie vrae oor skuld

Rdl. Van der Merwe sê dit kan verwag word dat betrokkenes wat daardeur geraak sal word ongelukkig sal wees.

Dit is finaal. Heilbron word beslis deel van die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit So het die Munisipale Afbakeningsraad (MAR) op 28 Februarie 2024 besluit nadat finale besware teen die inlywing oorweeg is.

Die Hoof Uitvoerende Beampte van die MAR het die Speaker van Metsimaholo op 1 Maart 2024 per brief van die besluit ingelig en versoek dat laasgenoemde ‘n lokaal aanwys waar ‘n vergadering van raadslede, gemeenskapslede en ander belanghebbendes belê kan word vir 15 Maart 2024 om 10:00 om breedvoerig terugvoer oor die besluit te kan gee.
Die Speaker word ook versoek om een of twee munisipale amptenare aan te wys wat die MAR span na afloop van die vergadering kan vergesel op ‘n inspeksie van die geaffekteerde gebied.

Die inlywing sal eers met volgende munisipale verkiesing ge-implimenteer word.

Vrae oor die praktiese implikasies sal egter nou reeds gevra en beantwoord moet word.

Metsimaholo se gradering as munisipaliteit sal byvoorbeeld waarskynlik verhoog word deur die samesmelting wat sal meebring dat die munisipale bestuurder, senior bestuurders, die burgemeester, die speaker en raadslede moontlik almal groter vergoedingspakette sal moet ontvang.

Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit (Ngwathe) se gradering sal daarteenoor waarskynlik verlaag moet word wat weer sal meebring dat dieselfde persone daar se vergoedingspakette verminder sal moet word, sê die Vryheidsfront Plus se rdl. Philip van der Merwe wat ook ‘n regsgeleerde is.

Rdl. Van der Merwe sê dit kan verwag word dat betrokkenes wat daardeur geraak sal word ongelukkig sal wees.

Dan is daar kwessies soos byvoordbeeld Heilbron se Randwaterskuld wat na bewering tans ongeveer R 66m beloop. Die vraag is of Metsimaholo die skuld gaan oorneem indien Ngwathe, soos waarskynlik blyk te wees, dit nie kan betaal nie? En watter deel van Ngwathe se huidige Eskomskuld van byna R 2miljard, Metsimaholo mettertyd moet oorneem, indien enige ?

Tans vorder Ngwathe kontantvloeigewys slegs ongeveer 40% van sy begrote inomste in wat dit onmoontlik maak om al sy verpligtinge na te kom -wat nog te sê skuld te delg.

Daar is ook half-voltooide en falende projekte in Heilbron wat nuwe lewe ingeblaas sal moet word met gepaardgaande groter koste. Hoe dit prakties hanteer sal word en wie daarvoor verantwoordelikheid moet neem indien dit nie voor die volgende munisipale verkiesing afgehandel kan word nie, is ‘n ope vraag.

Inwoners word aangemoedig om die beoogde inligtingsvergaderingby te woon sodat daar groter en meer duidelikheid oor die talle praktiese implikasies van die inlywing gekry kan word.

Die plek waar vergader sal word, sal deurgegee word sodar dit beskikbaar is.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button