Local newsNews

Huldeblyk vir Alet

Vandag is jou storie voltooi

Alet van der Walt, senior joernalis van Netwerk24 in die Vrystaat, is vanmiddag net na 13:00 oorlede na ‘n kort stryd met limfoomkanker wat einde Januarie by haar gediagnoseer is.

Stil en rustig het sy gegaan. By haar huis. Presies soos ek haar sal onthou. Die stil manier waarop sy haar gang gegaan het, maar waar sy was het sy ‘n ‘presence’ gelaat.

So dikwels het ons saam op ‘n hofbank of by ‘n toneel beland. Elkeen ons eie storie gehad om te skryf.

Ek onthou die deernis wat jy met mense gehad het, jou opregtheid, jou eerlikheid, jou integriteit. Jy was ‘n joernalis in hart wat nie net stories geskryf het nie. Mense was vir jou belangrik.

Ek wens jy kon vandag lees vir hoeveel mense jy ‘n verskil gemaak het.

Jou storie is ‘n getuigskrif wat soveel meer sê as die ‘byline’ waaraan mense jou oor jare geken het by jou berigte in Die Volksblad en Netwerk24.

Dit is ‘n storie geskryf met hartspore.

Ons opregte medelye aan haar gesin, haar kollegas en vriende.

Ons sal jou onthou Alet, ook hier in die Parys waar jy soos op so baie ander plekke vriende gemaak het wat vandag met diepe hartseer die  tyding van jou dood gekry het. So ontydig, so onverwags, so finaal…

 

Related Articles

Back to top button