Local newsNews

Ngwathe te blameer vir Heilbron-waternood sê minister

Wat nie deur die minister gesê word nie, is of Ngwathe se wanbetaling van sy rekening aan Rand Water dalk die rede is vir die verminderde watertoevoer na die dorp.

Die skuld vir Heilbron en Phiritona se maandelange waternood word voor die deur van Ngwathe se munisipale bestuur gelê. In
‘n skrywe van die minister van waterwese en sanitasie, mnr. Senzo Mchunu, wat verlede week aan die Vryheidsfront Plus LP,
Tammy Breedt gerig is, sê die minister die Ngwathe munisipaliteit het nooit reageer op Rand Water se kennisgewing in Desember
oor vloeibeheer om watervlakke in die watervoorsiener se opgaardamme te reguleer nie.

Vloeibeheer maatreëls sou volgens die kennisgewing in Eikenhof, Mapleton en Vereeniging ingestel word omdat verhoogde
waterverbruik glo druk op Rand Water se watervoorsieningstelsel geplaas het.

In die kennisgewing is gesê dat Rand Water se opgaardamme met die uitreikvan die kennisgewing toe al onder
38% gedaal het. Die minister sê dat die munisipaliteit se swye hieroor geïnterpreteer is dat die munisipaliteit die inhoud van die
kennisgewing aanvaar.

Boonop sê die minister dat die onstabiele bestuurstruktuur van Ngwathe, en vakante sleutelposte by die munisipaliteit, bydra
tot swak bestuur van watervoorsiening in Ngwathe, en ‘n gesukkel om resolusies te implementeer, terwyl onbevoegde en
onervare tegniese personeel bydra tot swak dienslewering.

Verpligte Standaarde vir Nasionale Water en Sanitasie is op 12 Januarie vanjaar in die staatskoerant gepubliseer juis om dié kwessie aan te spreek met minimum kwalifikasies en toepaslike ervaring vir senior beamptes in waterdienslewering, en by munisipaliteite, wat hierin uiteengesit word. Munisipaliteite het 24 maande na publisering van dié kennisgewing om hieraan te voldoen.

Sedert Desember ontvang Heilbron en Phiritona net sowat 4,4 megaliter water per dag van die 8 megaliter wat Rand Water normaalweg aan Heilbron verskaf het.

Hoewel Rand Water se pyplyn van sy pompstasie in Sasolburg na die opgaardam in Heilbron ‘n kapasiteit van 12 megaliter water per dag het, sê die minister dat die 8 megaliter water wat vroeër aan Heilbron voorsien is, reeds die diensleweringsooreenkoms tussen Rand Water en Ngwathe vir 7 megaliter per dag, oorskry het.

Die minister sê die departement het met die munisipaliteit en Rand Water in gesprek getree om te probeer om ‘n beter
strategie te kry vir watervoorsiening aan Heilbron en Phiritona, en dat sy departement sal voortgaan om oplossings te soek.

Wat nie deur die minister gesê word nie, is of Ngwathe se wanbetaling van sy rekening aan Rand Water dalk die rede
is vir die verminderde watertoevoer na die dorp. Rand Water het op 8 Desember 2023 in ‘n verklaring vyf wanbetalende munisipaliteite met lank uitstaande skuld uitgewys.

Hieronder is ook Ngwathe wat toe reeds die waterverskaffer R61,4 m geskuld het. In sy verklaring het Rand Water gesê dat langdurige onderhandelings met munisipaliteite ‘n dooiepunt bereik het, en dat daar duidelik geen intensie is om te betaal, op afbetalingsooreenkomte aan te gaan nie. Rand Water het gevolglik volgens wetlike voorskrifte met die munisipaliteite ‘n dispuut tussen regeringsorgane verklaar om die betalingsprobleem te probeer oplos.

Die Vryheidsfront Plus het vroeër ‘n petisie oor Heilbron se benarde watersituasie in die dorp aan Ngwathe se uitvoerende burgemeester, rdl. Victoria Mtombeni-De Beer oorhandig, waarop sy aangedui het dat die petisie haar hand sterk om oplossings
te probeer soek.

Na aanleiding van die minister se stelling dat Ngwathe nie op die vloeibeheer kennisgewing reageer het nie,
het rdl. Van der Merwe gesê dat dit hieruit duidelik is dat die burgemeester en Ngwathe se senior bestuur Heilbron en sy inwoners
versaak het.

Hy wys daarop dat hy na Rand Water se kennisgewing die burgemeester in kennis gestel het van die implikasies van
die kennisgewing, en gevra het dat ‘n dringende vegadering met die Rand Water raad en ‘n multi-party afvaardiging van
Ngwathe gehou moet word. Vele WhatsAppboodskappe en telefoniese kommunikasie later, is daar geen terugvoer of so ‘n
vergadering wel plaasgevind het nie, bo en behalwe ‘n vergadering wat weens beurtkrag herskeduleer moes word.

Rdl. Van der Merwe was deel van ‘n multiparty afvaardiging saam met amptenare van Ngwathe en Rand Water wat in Februarie 2021 die kapasiteit van die Rand Water pyplyn na Heilbron bespreek het. Op daardie stadium is uitgewys dat selfs die voorsiene 8 megaliter water per dag nie genoeg was om die opgaardam minstens halfvol te kry vir natuurlike gravitasie om water aan sekere dele van Phiritona te kan voorsien nie. Dit het toe geblyk dat Rand Water 4 megaliter van die Heilbron-pyplyn kapasiteit gebruik om die Kragbron-nedersetting van water te voorsien, en dat ‘n klep wat watervoorsiening tussen Heilbron en Kragbron moes reguleer, foutief was.

Dit het verdere watertekorte veroorsaak. Rand Water het toe die versekering gegee dat die foutiewe klep vervang sou word en ‘n
direkte pyplyn vir Kragbon aangelê sou word wat teen September 2022 voltooi moes wees. Daarna sou die volle kapasiteit
van die pyplyn vir Heilbron glo beskikbaar wees, sê rdl. Van Der Merwe.

Bevestiging hiervan is by herhaling van die burgemeester gevra, sê hy. Hy het ook vrae oor die diensleweringsooreenkoms waarna verwysis, en waarvan raadslede nie kennis dra nie

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button