Local newsNewsSport

Vier in ‘n ry vir Parys se rolbaldames

Dit is die vierde jaar agtereenvolgens dat die dames die uitmuntende prestasie behaal

Die dames Premierspan van Parys wat bestaan uit Magdel O’Donoghue, Amanda Bester, Linda Fuhri en Lazuya Serfontein, het weer vanjaar die eerste plek in die Noordwes Premierliga verower.

Jaco Nel, president van Noordwes Rolbal en lid van Parys Rolbaklub, het die medaljes aan die vroue oorhandig.

Dit is die vierde jaar agtereenvolgens dat die dames die uitmuntende prestasie behaal te midde van strawwe kompetisie met net een, en half punte verskil tussen die eerste drie plekke. Potch Town het silwer en brons gewen.

Na die Noordwes kompetisies het Faan Stoffberg die silwer medalje verower in die mans veterane enkelspel.

Kom leer meer van rolbal

Parys Rolbalklub bied Saterdag, 24 Februarie ’n ope-rolbalmiddag aan vir alle inwoners van Parys en Vredefort.

Die doel is om rolbal aan die gemeenskap bekend te stel. Rolbal is ’n spel vir oud en jonk en gesinne kan dit saam beoefen. Of jy nou ‘n onderwyser, leerder, ouer, professionele persoon of pensioenaris is – enigeen kan dié sport beoefen. Kom kyk vanaf 14:00 Saterdag by die Parys Rolbalklub wat die spel behels en kom deel in die pret. Spel begin stiptelik om 14:30.

Lede van Parys Rolbaklub sal daar wees om mense te help en die spel te verduidelik. Balle is by die klub beskikbaar vir die wat graag wil speel. Trek gemaklik aan en kom met jou tekkies of plat sandale. Kaalvoet is ook reg. Baanfooie vir die middag is R20 per speler.

Related Articles

 
Back to top button