Local newsNews

Ons grootste hartseer – die huis is leeg sonder hulle

Boesman en Rintintin ook gegroet

Skaars drie weke gelede was die gelukkige prentjie van die vyf  skaaphonde wat jou stertswaaiend kom groet het wanneer jy by die 66-jarige Christa van der Walt by Renovaal in die Viljoenskroon-omgewing gekuier het, die gesig wat jy gesien het. Nou is net twee van dié skaaphonde oor na die hartseer van 21 Januarie toe Christa en haar vyf geliefde skaaphonde in ‘n ernstige motorongeluk op die R59 tussen Vredefort en Viljoenskroon betrokke was.

Christa en die honde het by haar dogter, Marlize Rousseau, in Germiston gekuier. Sy was op pad terug na Revonaal  toe sy die middag omstreeks 12:00 beheer verloor het oor die dubbelkajuitbakkie sowat 200-300m vanaf Tava Lingwe.

Twee van die honde, Boesman en Rintintin is ernstig in die ongeluk beseer, en Koevoet het van die ongelukstoneel weggehardloop.

Vol hoop dat hul Koevoet sou kry het Marlize dag na dag na die ongelukstoneel op die R59 gery. Dalk sou hulle hom iewers langs die pad kry. Kos  uitgesit, elke leidraad moontlik opgevolg.

Die hartseer is onbeskryflik groot. Hoe weet jy of hy nog iewers daarbuite is? Of hy veilig en versorg is?

Koevoet was soos ‘n kind in die huis, en soos wat die dae verbysleep, word die hoop skraler om hom te vind.

Hoewel alles menslik moontlik vir Boesman en Rintintin gedoen is deur die veearts, was hul beserings  so ernstig dat hulle nooit weer ‘n kwaliteit lewe sou kon hê nie, en het Christa hulle ook moes groet.

Drie van haar geliefde hondekinders wie  se plekkies so skielik leeg is na die ongeluk.

Syself het ‘n gebreekte ribbe en snywonde in die ongeluk opgedoen.

Die ongeluksdag – ‘n dag wat vir altyd die hartseer herinneringe aan Koevoet, Boesman en Rintintin in die gesin se harte gelaat het.

  • Koevoet is sowat agt jaar oud. Hy is swart en wit met een bruin en een blou oog. Daar is vermoed dat hy moontlik in die Groot Kop of Tava Lingwe area kon wees. Enigeen wat hom gesien het, of inligting het wat kan help om hom te vind, kan Marlize via WhatsApp kontak by 081 589 3321.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button