Local newsNews

Burgerlugvaartverslag oor tragiese vliegongeluk bekend

Die Burgerlugvaartowerheid (BLO) staaf in die voorlopige verslag dat albei vliegtuie in die ongeluk parallel met mekaar gevlieg het net voor die botsing plaasgevind het.

Ongeveer ‘n maand en ‘n half nadat Casper Botha (53), sy vrou Estelle (54), en Hennie Viviers (63) in ‘n frats-vliegtuigongeluk op 29 Desember 2023 oorlede is, het die Burgerlugvaart owerheid (BLO) in ‘n voorlopige verslag gestaaf dat Botha-hul se vliegtuig in Viviers se spuitvliegtuig rigting gedraai en toe met Viviers gebots het.

Al drie is uit hulle vliegtuie gegooi voordat die vliegtuie die grond getref het. Die kajuit gedeeltes van albei vliegtuie het ook erge skade opgedoen en sodoende sou hul die ongeluk nie kon oorleef nie.

Die verslag toon ook aan dat die doeleindes van die ondersoek nie is om blaam op enige van die partye te plaas nie, maar om lugvaartveiligheid te bevorder en die die risiko van lugvaartongelukke of -voorvalle te verminder.

Volgens die verslag het die Botha’s net na 09:00 ‘n veldopname van die mielielande uitgeoefen teen ‘n hoër hoogte as Viviers, wat besig was om die mielielande te besproei.

“’n Ooggetuie het gesien hoe die twee vliegtuie toe langs mekaar vlieg. Kort daarna het ZS-STD (Botha) gedraai en met ZS-XPC (Viviers) gebots. Albei vlieëniers het beheer oor hul vliegtuie verloor en hulle het op ‘n buurplaas neergestort. Die insittendes is noodlottig beseer, en albei vliegtuie is vernietig,” lui die verslag.

Lees die volledige verslag op Potchefstroom Herald se webtuiste by https://www.citizen.co.za/parys-gazette/news/news-news/2023/12/30/egpaar-sterf-in-vliegongeluk/

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button