Local newsNews

Vernielsug het net nie einde nie.

Selfs die parkrun-roete is nie gespaar van die hande van vandale nie

Die omdraaipunt van die Egweni River Lodge parkrun moes onlangs skuif nadat ‘n gedeelte van die rivierwal ingetuimel het. Gevolglik is twee pale met ‘n geverfde plank wat die nuwe draaipunt op die roete aandui, ‘n ent voor die plek waar die wal ingetuimel het, geplaas.

‘n Paal met ‘n pyl is ook voor ‘n smal sementbruggie langs die roete geplant sodat parkrunners weet dat die roete hier skei vir dié parkrunners wat in die rigting van Egweni beweeg, en dié wat van Egweni af kom.

Die afgeloe drie weke het eers die paal met die pyl voete gekry, en kort daarna is ook die geverfde plank wat die draaipunt aangedui het van die pale afgebreek.

 

So het die merker gelyk voordat dit gebreek is. Foto: Annemarie Ferreira
Die gebreekte merker by die draaipunt op die Egweni River Lodge parkrun-roete. Foto: Annemarie Ferreira.

Parkrun-vrywilliger Johan van Niekerk se tuinier wat gehelp het om beide die tekens op die roete te plant, het kort nadat dit opgesit is, die paal en pyl in die
dorp opgemerk en dit aan Johan gaan rapporteer. Die skuldige is gekonfronteer en die paal met die pyl teruggekry, maar die eens netjiese draaipunt-merker is steeds gebreek.

“Mens wil graag die roete netjies hê,” sê Johan, want parkrunners kom van oraloor om die pragtige roete langs die rivieroewer
te kom geniet.

Daar is selfs nou ‘n Belgiër wat tans in SuidAfrika is, wat Saterdae hier aan die parkrun deelneem. Vraag is hoe stop jy die vernielsug van vandale?

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button