Local newsNews

Gatvol vir dié gemors

As geen wetstoepassers wil help nie, dan is daar geen ander opsie as om terug te gee wat hier afgelaai word, sê De Swardt.

Hy’s gatvol vir mense wat hul gemors in die nywerheidsgebied van Parys stort. “Ek gooi nie my afval in jou erf nie,” sê Arno de Swardt van Leeuwkop Logistics. Praat help nie. Die polisie kan nie help nie. Die munispaliteit help nie. Daar is nie verkeersbeamptes om te help nie. Nou gee hy terug wat gestort word, sê De Swardt. En die hele nywerheidsgebied staan bankvas agter hom, Hulle het genoeg gehad van dié gemors, sê hy.

Arno en ander se moedeloosheid met mense wat van die nywerheidsgebied ‘n vullishoop wil maak, het hom nou daartoe gedryf om ‘n R500 beloning te gee vir elke foto met ‘n registrasienommer wat hy sou kry van die publiek of sekuriteitsbeamptes wat hulle skuldig maak aan dié onwettige storting. En as hy die skuldiges kry, laai hy 30 ton se afval voor die skuldige se hek af, sê De Swardt.

Dit kan nie so aangaan nie. Mense het nog altyd onwettig hier gestort maar nou is dit eens so erg, sê hy. Huisvullis, tuinvullis en bourommel word op elke denkhare plek van die Parys/Koppiespad tot by die nuwe begraafplaas afgegooi. Ons mense in die nywerheidsgebied trek as gevolg hiervan aan die kortste end, verduidelik hy.

“Die vullis lok net meer mense wat tussen die afval rondkrap vir herwinbare materiaal en kos. Misdadigers gebruik ook die verskoning om rond te staan en dan weg te dra. Ons elektrisiteitsnetwerk word beskadig. Waterpype word oopgegrou en klampe weggedra vir skrootmateriaal. Vrydag het ek mense weer gevang peuter. Ek kan nie heeltyd polisieman speel nie,” sê De Swardt.

Arno wys hier na een van die gate waar waterpype oopgegrou word om van die klampe vir skrootmateriaal te steel.

As geen wetstoepassers wil help nie, dan is daar geen ander opsie as om terug te gee wat hier afgelaai word, sê De Swardt.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button