Local newsNews

Rietspruitbrug gaan uiteindelik herstel word

Volgens die departement sal dit sowat R5 miljoen kos om die brug te herstel.

Die Gautengse Departement van Paaie en Vervoer sal volgende week met herstelwerk aan die Rietspruitbrug begin.  Die brug is in Februarie 2023 vir verkeer gesluit nadat oorstromings groot skade aan die brug aangerig het.
Volgens die departement sal dit sowat R5 miljoen kos om die brug te herstel.
Inwoners aan die westekant van Vaaloewer moes sedertdien ompaaie ry om Vanderbijlpark te bereik.
Die inligting oor die herstel van die brug is bekendgemaak in ‘n verklaring deur rdl. Sybrand Smit van die Vryheidsfront Plus wat op die party se Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit Facebook-blad geplaas is. Hy sê in die verklaring die plaaslike gemeenskap het ná die oorstromings ingespring om die pad na die laagwaterbrug wat in 1922 gebou is, vir verkeer begaanbaar te maak.
Hy sê  voorts dat swaar voertuie egter nie die pad kon gebruik nie weens ʼn gewigsbeperking. Die pad kon ook nie na swaar neerslae reën gebruik word nie omdat die laagwaterbrug oorstroom.
Rdl. Smit voeg by ʼn tweede alternatiewe roete na Vanderbijlpark, wat feitlik onbegaan is, is om die R59 na Sasolburg te volg waarna ʼn aansluiting na Vanderbijlpark geneem kan word.
Rdl Smit sê die VF Plus sal herstelwerk aan die pad dophou wat volgens die departement in Mei vanjaar voltooi sal wees.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button