Local newsNews

Parys een van Rotary se suksesverhale

"Dit is lekker as jy sien hoeveel mense in Parys se lewens positief geraak word deur die werk wat Rotary hier doen," het Jacques gesĂȘ.

Nie net het Rotary Parys dit reggekry om binne maande te groei van ‘n klub wat feitlik tot niet was, tot ‘n klub met ‘n sterk ledetal nie, maar het diĂ© klub behoorlik gewys wat gedoen kan word toe daar inisiatief geneem is met die aanbied van ‘n straatmyl wat bekendes in atlettiekkringe jaarliks na diĂ© toerismedorp se hoofstraat lok.

Met sy besoek aan die klub het Jacques Venter, Rotary se distriksgoewerneur vir Distrik 9370 waarvan Parys deel is, trots gesels oor die merkwaardige sukses van Rotary Parys. As distriksgoewerneur besoek hy in sy ampsjaar al 82 klubs in die distrik. Tydens sy besoeke word gekyk na projekte wat elke klub aanbied, en die klub se bestuur en finansies. Dit is ook ‘n geleentheid waar koppe bymekaar gesit word vir idees waar uitgereik kan word in gemeenskappe om die Rotary-leuse van “Service above self” uit te dra.Vanjaar is die internasionale tema, Create hope in the world. Rotary Internasionaal het die afgelope vyftien jaar ‘n 4-ster toekenning van Charity Navigator ontvang wat die hoogste toekenning is wat enige welsynsorganisasie kan ontvang. In aansluiting hierby vertel Jacques dat Rotary 98c van elke R1 wat ingesamel word weer in gemeenskappe terugploeg.

Van die fokusareas waarna Rotary vanjaar sal kyk, is:
– Die bemagtiging van vroue in Afrika.
– Diversiteit, gelykheid en insluiting om almal te aanvaar en te respekteer vir wie en wat hulle is.
– Voortgesette ondersteuning van Rotary Foundation en die Polio Plus veldtog wat wĂȘreldwyd gedryf word om diĂ© siekte uit te wis. Verlede jaar was daar twaalf sterfgevalle in totaal in Afghanistan en Pakistan.
– Fokus op vrede – nie net globale vrede nie, maar ook vrede van huis, vrede in ons klubs, vrede in ons gemeenskap en bowenal gemoedsrus.

Hierbenewens is Rotary ook ingestel op geestesgesondheid en wil help om ontslae te raak van die stigma wat kleef aan depressie, veral onder mans.
Jacques voel sterk daaroor dat projekte wat deur Rotary-klubs aangebied word, volhoubaar moet wees. Ons moet hoop skep, sĂȘ hy. Rotary-lede is mense wat die daad by die woord voeg. Eintlik kom dit neer op, ‘a daily random act of kindness.’

“Daar is baie suksesstories. Chatsworth Rotary bedien daagliks 2 000 maaltye aan diegene in nood. In Oos-Londen is die Guardians of Hope – ‘n veiligheidshuis vir kinders onder die ouderdom van vier jaar. In Lesotho is die Sisters of the Good Samaritans – ‘n huis vir enkelma’s wat meestal die slagoffers is van verkragting. Dan is daar Parys se suksesverhaal van hoe daar uitgereik is na die gemeenskap in tye van nood, ‘n familie gesondheidsdag wat weer vanjaar gehou word en ook uitgebrei sal word na skole as ‘n distriksprojek. Die gewilde straatmyl is weer op die kalender en die vrywilliger nooddiens, Community Care wat weer aan die gang gesit sal word. Die klub sal ook fokus op die bevordering van geestesgesondheid.

“Dit is lekker as jy sien hoeveel mense in Parys se lewens positief geraak word deur die werk wat Rotary hier doen,” het Jacques gesĂȘ.

Related Articles

Back to top button