Local newsNews

Dertien jaar vir dorp se private biblioteek

Die Kultuurkamer is een van my kinders se gunstelingplekke in Parys - 'n skatkis in ons dorp

Dalk was jy ook onlangs verstom oor die prys wat ‘n nuwe Deon Meyer boek jou uit die sak kan jaag, of het jy gewonder waar jy nog ‘n plek gaan vind op jou boekrak vir die volgende boek wat jy koop? Dan is Die Kultuurkamer in Buitenstraat 46 die perfekte oplossing vir jou.

Die uitsonderlike private biblioteek met sy lieflike koeltetuin, verskaf die afgelope 13 jaar ‘n diens aan inwoners van Parys.

Daar word gepoog om van die nuutste en onlangse boeke van sowel Afrikaanse as Engelse skrywers beskikbaar te maak aan lede. Daar is boeke vir alle leessmake en ouderdomme, en daarom is Die Kultuurkamer die ideale bymekaarkomplek vir boekliefhebbers, of almal wat gou ‘n blaaskans wil vat.

Kom kuier in die lieflike tuin onder die bome met ‘n koppie koffie en ‘n tydskrif. Daar is selfs ‘n speelhoekie vir die kleingoed. Die Kultuurkamer is tot jou beskikking Woensdae tot Saterdae.

Behalwe vir tydskrifte en boeke kan jy ook musiek CDs, legkaarte en bordspeletjies uitneem. Die Kultuurkamer bied boonop ‘n fasiliteit vir funksies vir klein groepe (tot 12 persone) in die tuin of op die patio.

Groepe van tot 8 persone kan ook hier kom fliek. Kom loer gerus in en word deel van Die Kultuurkamer familie. Bring veral ons jong lesertjies saam na hul eie kinderbiblioteek.

En wat sê lesers van die Kultuurkamer? Trish Prinsloo vertel dat Die Kultuurkamer met sy vriendelikee diens beslis ‘n aanwins is vir Parys.
Louise van Aswegen is beïndruk met die groot verskeidenheid boeke. “Altyd ‘n plesier om te besoek,” sê sy.

Daarmee stem Doreen van der Merwe heelhartig saam as sy vertel van die teetuin, vriendelike diens en hope boeke.
“‘n Lafenis vir die siel om goeie nuwe en ouer boeke te kan lees,” sê Bronia Theron.

Die Kultuurkamer kat is al byna net so bekend soos Die Kultuurkamer wat al vir 13 jaar deel is van die Parys gemeenskap.

“Die Kultuurkamer is een van my kinders se gunstelingplekke in Parys – ‘n skatkis in ons dorp,” vertel nog ‘n leser, Sanet Downey.
Kom ons maak 2024 die jaar van die leser.

Kontak Dawid by 072 127 2771, of Lucia by 084 5030 371 vir meer inligting oor hoe jy as lid by die Kultuurkamer kan aansluit.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button