Local newsNews

Vat so, kabeldiewe!

Gemeenskap vat hande om kabeldiefstal stop te sit

Kettingsae en bossiekappers het vroegoggend gedreunsing hier naby die Eskom substasie, want genoeg is genoeg.

In ‘n grootskaalse poging om die toenemende voorkoms van kabeldiefstal in Parys stop te sit, het die gemeenskap vandag, Woensdag 24 Januarie, danksy die inisiatief van Save Ngwathe se Karien du Plessis Viljoen, saam met die span van MooiParys, en met die ondersteuning van talle vrywilligers ingespring om die gebied  om die Eskom-substasie te ontbos.

Kabel is vir die soveelste keer die afgelope week hier gesteel wat groot dele van die dorp vir ure sonder krag gelos het, en die Ngwathe munisipaliteit derduisende kos aan materiaal en arbeid om die skade te herstel.

Spesiale dank aan Hennie Otto en sy span van Gras en Blaar Tuindienste, Pieter Roode
en sy span van Safari Hire, Karen Addison, Brendon Olivier, Paul Noome, en elke vrywillige hand wat gehelp het, koeldrank gebring het vir hulle wat gewerk het, of ‘n
geldelike bydrae tot die projek gemaak het.

Meer as twintig mense het kom help en daar is ‘n verskil gemaak!

Related Articles

Back to top button