Local newsNews

Nou wil jy meer – daar is nog ‘n Johannesburg!

Moet glad nie verbaas wees as jy die naam in die VSA raakloop nie.

Dit is nie net in Suid-Afrika waar padpredikante jou in die rigting van Johannesburg beduie nie.

In Kalifornië sal jy ‘n kleinerige dorp raakloop met die naam Johannesburg. In dié dorpie sal jy selfs Oom Paul Street raakloop.

Die Kaliforniese Johannesburg het sy naam te danke aan myners wat voorheen in Suid-Afrika gewerk het, en is geleë in ‘n myndistrik by die Rand Berge. Daar word dikwels deur plaaslike inwoners en besoekers na die dorp verwys as Jo-burg.

‘n Paar myl daarvandaan kry jy Randsburg en hoewel meestal verlate, is daar ‘n operahuis, salon, algemene handelaar en ‘n tronk, skryf Hörst Muller op die FAK Sentraal-groep.

  • Inligting en foto’s in die berig met erkenning aan Lambertus van Rensburg en Hörst Muller, FAK Sentraal WhatsApp groep.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button