Local newsNews

Padtekens, padmerke skitter in hul afwesigheid

Groot gevaar vir motoriste en voetgangers

Verskeie verkeerskruisings in Parys hou ‘n ernstige gevaar in vir motoriste met stoptekens wat weg, of so toegegroei is  dat dit skaars sigbaar is. Selfs die padmerke by baie van die kruisings is nie meer  sigbaar  nie.

Nadat Gazette onlangs berig het oor die kruising by Loop- en Delverstraat naby die Dome Primary skool waar  ‘n pa van vier inisiatief geneem  het om ‘n stopteken wat vir maande op die sypaadjie gelê het weer op te tel. het verskeie lesers nog kruisings  uitgewys wat ‘n gevaar inhou vir voetgangers en motoriste.

Kruisings wat kommer wek, sluit in die  h/v Derdelaan en Delverstraat waar  net een stopteken en geen padmerke is nie. So ook op die h/v Noorder- en Schilbachstraat waar geen stoptekens of padmerke is nie, en by die kruising van Wes- en Schilbachstraat waar een van die stoptekens al vir jare weg is en die ander weggesteek agter struike. By die Loop- en Delverstraatkruising is steeds  net een stopteken en die padmerke skaars sigbaar.

Vroeër jare het die munisipale verkeersdepartement omgesien na padtekens en padmerke. Die Ngwathe munisipaliteit het egter al vir jare nie meer ‘n verkeersdepartement nie.

Gazette het die kruisings wat lesers uitgewys het onder die Ngwathe munisipaliteit se aandag gebring maar geen terugvoer ontvang nie.

* Mense van sover as Potchefstroom, Klerksdorp, Lichtenburg en die Vaaldriehoek het in reaksie op die berig oor die gebrek aan stoptekens op Gazette se Facebookblad gesê dat padtekens ook in dié dorpe nie deur munisipaliteite onderhou word nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button