Local newsNews

Rehabilitasie van voëls: Kom luister en kuier saam

Dit is ‘n nuwe jaar en plaaslike voëlkykers sien daarna uit om weer in die veld te kom om te sien watter voëls tans in die omgewing is. Daar is natuurlik altyd die hoop om daardie spesiale of ‘nuwe een’ te sien. Na verneem word, het meer ernstige voëlkykers (“twitchers”) die afgelope tyd juis geskarrel …

Dit is ‘n nuwe jaar en plaaslike voëlkykers sien daarna uit om weer in die veld te kom om te sien watter voëls tans in die omgewing is. Daar is natuurlik altyd die hoop om daardie spesiale of ‘nuwe een’ te sien.

Na verneem word, het meer ernstige voëlkykers (“twitchers”) die afgelope tyd juis geskarrel om na die witkeelbyvreter, wat ‘n skaars spesie in Suider-Afrika is, te gaan soek nadat hy iewers opgemerk is. Dié byvreter broei suid van die Sahara, en in die nie-broeiseisoen beweeg hulle effens verder suid.

Die witkeelbyvreter is die eerste keer in Desember 1988 in die Kgalagadi gesien, en daarna slegs enkele kere in Suid-Afrika. Dus geen wonder dat geskarrel word om dié voël te sien nie.
Feathers Voëlklub se aktiwiteite begin ook weer, en die eerste byeenkoms vir 2024 is Donderdag, 25 Januarie om 18:30 by Sally Martin Park se saal. Marissa Louw sal by die geleentheid praat oor die rehabilitasie van voëls.

Daar is van tyd tot tyd navrae van die publiek oor die onderwerp en alle belangstellendes is baie welkom om die geleentheid by te woon.

Saterdag, 25 November het die klub by Waterfall Estate gaan kuier, en daar is 67 voëlspesies aangeteken. Daarna is saam vleisgebraai.

Tydens die klub se Januarie-uitstappie Saterdag, 27 Januarie, gaan voëlkykers onder leiding van Dawie Kleynhans, ‘n paar plekke rondom Sasolburg besoek om te kyk watter interessante voëls hulle daar kan sien.

Belangstellendes met hulle piekniekmandjies, verkykers en stoele vertrek om 06:00 vanaf PnP se parkeerterrein. Vir meer inligting oor Feathers kan Hansie Bekker (056) 811 4754 / 082 820 4306, of Peter Killian by 083 625 8100 geskakel word.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button