Local newsNews

‘n Tassie vol hoop vir duisende graad 1 leerders

Individue en besighede wat by die Skooltassie-projek betrokke wil raak, kan die webwerf www.tassie.co.za besoek vir meer inligting.

 

Solidariteit Helpende Hand het met hul Skooltassie-projek duisende graad 1-leerders op die eerste dag van die skooljaar verwelkom met skooltassies propvol skryfbehoeftes om hulle toe te rus vir hul akademiese reis.

Ook in Parys kon die plaaslike tak van Solidariteit Helpende Hand 13 skooltassies danksy hierdie projek skenk  aan leerders van Parys Christelike Skool, en 13 skooltassies aan leerders van Parys Primêre skool.

Van links agter is Matty Last, Jurina Els en Janette Norwic, met Marissa Strauss, Lida du Plessis en Suzie Meyer voor met van die skooltasse wat by Parys Primêre skool oorhandig is.
Agter van links is Yvonne J. van Rensburg (graad 1 juffrou), Jurina Els, Janette Norwic, Lida du Plessis en Matty Last. Voor is Suzie Meyer, Vivian Koch en Debbie van Tonder met van die skooltasse wat by Parys Christelike Skool oorhandig is.

Danelle du Plessis, die projekorganiseerder van Solidariteit Helpende Hand se Tassie-projek, beklemtoon hoe belangrik dit is dat opvoeding en geleenthede hand aan hand moet gaan. “Dit is van kardinale belang om jong leerders toe te rus met die nodige gereedskap vir hul akademiese reis, daarom moet opvoeding en geleenthede hand aan hand gaan. Helpende Hand sit sedert 2007 skooltassies in behoeftige graad 1 leerders se hande. So stel ons hulle in staat stel om hul akademiese reis op gelyke voet met hulle skoolmaats te begin,” sê Du Plessis.

Braaf die Boerboel, Boerboel Wear se breinkind, is ‘n splinternuwe held wat sedert 2023 hande vat met die Tassie-projek. Hy is soos Super Man, maar in kakie geklee. Braaf het met skouermantel en al kragte met Solidariteit Helpende Hand saamgesnoer om na kinders se welstand en toekoms om te sien, en het in 2023 die hele land deur getoer.

“Ons wil graag ons kinders leer dat dit braaf is om soms ook bang en versigtig te wees, maar die heel braafste is om iemand anders te help wat nie so bevoorreg soos jy is nie. Jy is braaf as jy help; jy is braaf as jy gee. Dit is ons almal se plig om ‘n gesindheid van welwillendheid by ons kinders te kweek,” sê Du Plessis

Stephan Hugo Botha, medestigter, eienaar en bemarkingsbestuurder van Boerboel Wear, sê: “Ons het by die Tassie-projek betrokke geraak nadat ons die Braaf karakter geskep en aan Solidariteit Helpende Hand voorgelê het. Ons wou graag hande vat met Helpende Hand en het besluit op die Tassie projek. Ons verkoop die mooiste Boerboel Wear Braaf-T-hemde en vir elke hemp wat ons verkoop, skenk ons R20 aan die Tassie-projek. Dit is vir ons ‘n riem onder die hart om deel te kan wees van die verskil wat Solidariteit Helpende Hand maak.”

Die Skooltassie-projek se impak strek verder as die verskaffing van ‘n fisiese tassie – ons bemagtig die jong leerders ook op ander maniere. Hierdie jaar se 2 000 tassies wat landswyd uitgedeel word, bevat nie net die nodige skryfbehoeftes nie maar ook die spesiale boek Kroonkinders.

Kroonkinders is nie net ‘n storieboek nie; dit is ‘n waardeprogram wat ons leerders toerus met ‘n stewige grondslag waarop hulle hul lewens kan bou. Kroonkinders help kinders om waardes soos respek, eerlikheid, liefde, diensbaarheid en verantwoordelikheid te verstaan en uit te leef. Dit is eienskappe wat nie net hul karakter vorm nie, maar ook ‘n gevoel van gemeenskap en begrip tussen diverse groepe leerders in ‘n skool kweek. Sommige kinders ontvang ‘n Bybel wat deur Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika geskenk is met gelde wat in gesamel is by die 90 jaar feesviering van die Afrikaanse Bybel of die boekie Die Wit Rokkie wat deur Lig in Duisternis Uitgewers geskenk is.

Individue en besighede wat by die Skooltassie-projek betrokke wil raak, kan die webwerf www.tassie.co.za besoek vir meer inligting.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button