Local newsNews

Geen antwoorde oor Heilbron se droë krane nie

Sedert Desember ontvang die dorp slegs ongeveer 4,4 megaliter per dag van die 8 megaliter water wat RandWater normaalweg aan Heilbron verskaf het.

Die Vrystaatste dorp, Heilbron wat onder die Ngwathe munisipaliteit val, gaan al vir meer as ‘n maand gebuk onder ernstige watertekorte.
Sedert Desember ontvang die dorp slegs ongeveer 4,4 megaliter per dag van die 8 megaliter water wat RandWater normaalweg aan Heilbron verskaf het.

Dit is egter onduidelik of die verminderde watertoevoer aan die Ngwathe munisipaliteit se wanbetaling aan die watervoorsiener te wyte is.

RandWater het op 8 Desember in ‘n verklaring vyf wanbetalende munisipaliteite met lank uitstaande skuld uitgewys. Hieronder tel ook die Ngwathe munisipaliteit wat toe reeds die waterskaffer R61,4 m geskuld het.

In sy verklaring het RandWater gesê dat langdurige onderhandelige met munisipaliteite ‘n dooiepunt bereik het, en dat daar duidelik geen intensie is om te betaal op afbetalingsooreenkomte aan te gaan nie.

RandWater het gevolglik volgens wetlike voorskrifte met die munisipaliteite ‘n dispuut tussen regeringsorgane verklaar om die betalingsprobleem te probeer oplos.

Hoewel volgens betroubare bronne ‘n betaling sedertdien deur Ngwathe gemaak is, was dit met die skryf van die berig onduidelik of Ngwathe al met ‘n afbetaalplan vir sy skuld aan RandWater vorendag gekom het. RandWater het op 14 Desember ook in ‘n skrywe aangedui dat vloeibeheer maatreëls geimplementeer sou word nadat verhoogde waterverbruik druk op sy watervoorsieningstelsel geplaas het met die watervlak van RandWater se opgaardamme wat toe tot onder 38% gedaal het.

Die vloeibeheer maatreëls in die Eikenhof, Mapleton en Vereeniging, Vanderbijlpark en Sasolburg stelsels sou gehandhaaf word totdat die vlak van die opgaardamme weer op 60% gestabiliseer het, is gesê.

Rdl. Philip van der Merwe van die Vryheidsfront Plus sê ‘n petisie oor die benarde watersituasie in die dorp doen tans die rondte. Amptenary van RandWater word (soos dié van Eskom) verbied om direk met raadslede te praat of inligting aan hulle te verskaf en vrae oor die redes vir die watertekorte wat aan die burgemeester hierooor gerig is, word nie beantwoord nie,” kla Vryheidsfront Plus rdl. Phillip van der Merwe.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button