Local newsNews

Groot planne met gemeenskapsteater

As jy wil deel word van hierdie nuwe opwindende projek, woon die stigtingsvergadering by op 17 Januarie om 18:30 aan huis van Dries en Annie Grove, Bredellstraat 7, of skakel Dries by 071 444 0836 vir meer inligting.

‘n Gemeenskapsprojek waarmee gepoog gaan word om die kunste en kunstenaars uit Parys en omgewing te gebruik om produksies op die planke te bring, kan eersdaags ‘n werklikheid word met die beplande stigting van ‘n gemeenskapsteater vir Parys. Volgens Dries Grove is die gedagte dat enigiemand betrokke kan raak – of jy professioneel of ‘n amateur is – solank jy ‘n liefde vir die kunste het, en die gemeenskap teen geen vergoeding wil dien.
Dries was lid van die Bloemfonteinse Gemeenskapsteater en sodoende betrokke by talle produksies oor etlike jare.

Toe hy na Parys verhuis het, het hy die behoefte gesien om ook hier ‘n gemeenskapsteater te vestig om inwoners wat graag betrokke wil raak by die teater aan boord te kry om te help met die produksie van toneelstukke. Inkomste wat gegenereer word uit die opbrengs van die vertonings sal onder meer gebruik word vir die verligting van nood by welsynsorganisasies, sê hy.

Die gedagte is om een groot produksie (Passiespele) reeds rondom Paasfees te doen, saam met ‘n bekende akteur /sanger. Vir die tweede helfte van die jaar word ‘n komedie, gewoonlik ‘n eenbedryf beplan, en bied die gemeenskapsteater ‘n platform vir opkomende kunstenaars in die vorm van plattelandse opvoerings by verskillende instansies, sê hy.

Al wat nodig is om deel te neem, is ‘n voorliefde vir die kunste, en jy moet bereid wees om jou talente en tyd aan die gemeenskap beskikbaar te stel, teen geen geldelike vergoeding. Jy hoef nie profesioneel gekwalifiseer te wees, of oor enige ondervinding in die teaterbedryf te beskik nie. Net jou gewilligheid om deel te neem.

Almal is welkom. Toneelspelers, sangers, dansers, dekorbouers, klankoperateurs ensovoorts.

As jy wil deel word van hierdie nuwe opwindende projek, woon die stigtingsvergadering by op 17 Januarie om 18:30 aan huis van Dries en Annie Grove, Bredellstraat 7, of skakel Dries by 071 444 0836 vir meer inligting.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button