Local newsNewsSport

Ringe vlieg weer oor die net

Onthou ook dat inskrywings vir die SA Gemengde spel Donderdag 11 Januarie sluit.

Ringtennisoefening vir 2024 begin  Donderdag 11 Januarie om 17:00 in die saal by die NG gemeente Parys-Oos h/v Loop- en Paulsenstraat.

Ringtennis is ’n sport wat ewe veel pret as uitdaging bied, en solank jy nog vlug van voet en oog is, is jy beslis nie té jonk, of té oud vir ringtennis nie.

Die sport word reeds vir ’n geruime tyd aktief in Parys gespeel. Benewens die oefening wat die sport jou bied, is dit die ideale geleentheid om mense te ontmoet met weeklikse sosiale spel, en terselfdertyd ’n lekker wegbreek na ‘n lang dag se werk. Naas ’n paar tekkies, het jy niks meer nodig nie. Net die gewilligheid om te saam te kom speel.

Jy hoef ook nie ’n ervare speler te wees nie. Beginners en selfs kinders is baie welkom. Kom speel saam en kyk hoeveel pret daar is in dié sport.

Oefening is elke Dinsdag en Donderdag om 17:00.

Onthou ook dat inskrywings vir die SA Gemengde spel Donderdag 11 Januarie sluit.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button