Local newsNews

Theuns Jordaan se pa sterf

Onbeskryflike hartseer kort na kunstenaars hulde bring aan Theuns Jordaan

Net ‘n dag nadat verskeie van die land se kunstenaars en vriende hulde gebring het aan die ontslape sanger, Theuns Jordaan, met ‘n Tribute konsert wat Saterdag by die DHL-stadion in Kaapstad gehou is, is sy pa, Willlie, Sondag 7 Januarie in die ouderdom van 82 jaar oorlede.

Hy was sedert Desember gehospitaliseer in Bloemfonein met onder meer ‘n maagkwaal en longontsteking.

Theuns is in 2021 aan kanker oorlede en sou op 10 Januarie vanjaar 53 jaar oud geword het. Sy ma, Maryna is twee dae na sy begrafnis oorlede. Sy was 79 jaar oud.

Verskeie kunstenaars het die afgelope naweek by die konsert hulde gebring aan ‘n uitsonderlike sanger en mens

Van die kunstenaars wat die afgelope naweek hulde gebring het aan Theuns Jordaan by die Tribute-konsert in Kaapstad. Foto: Bobby van Jaarsveld – Facebook

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button