Local newsNews

Padpredikant vir Udolpho

Op die rigtingwyser word van die vernaamste monumente aangedui en in watter rigting hulle lê.  

So op Nuwejaarsdag 2024 het 3 manne geswoeg, gesweet en gebeur om ñ pragtige rigtingwyser oftewel Padpredikant digby die ingang van Udolpho Kultuurplaas op te rig.
Die ringtingwyser staan stewig op ‘n trekkerwiel.  Die pilaar is  gevorm uit 4 differensiële sy-as hulse van verskillende trekkers (trumpet housing).
Die simboliek daaragter is ons verlede stewig geanker in die landbou.  Die trekker het boonop ‘n onbetwisbare rol gespeel in die ontwikkeling van ons land en sy mense.
Udolpho is juis so ‘n plaas, ‘n Kultuurplaas,’n Rivierplaas.
RIGTINGWYSER
Die naaste dorpe word op hierdie padpredikant aangedui om die sentrale posisie van Udolpho aan te dui.
Besoekers het oor die afgelope jare Udolpho as Kultuurtuiste leer ken.
Op die rigtingwyser word van die vernaamste monumente aangedui en in watter rigting hulle lê.
Dit nooi ook besoekers om die plaas, die natuur en kultuur op Udolpho te kom ervaar, te geniet en te ontspan.
WEERHAAN
Weerhane is tradisioneel bo-op kerktorings geplaas.
Die simboliek van die weerhaan op die rigtingwyser is ‘n herinnering aan voorgeslagte se hegte geloof en troue kerkverbintenis.
Dankie Jan-Danie Malan, Mark Walkden  en Gysbertus Johannes Ströh (Gys Snr) vir hierdie  grootse poging. asook die borge en skenkers, Johan Swanepoel van Randvaal Trekkers Meyerton en Gys Ströh Snr.

Related Articles

Back to top button