Local newsNews

SA een van die lande waar dit die gevaarlikste is om te bestuur, sê studie

Noorweë se paaie steeds die veiligste vir motoriste

Met baie motoriste wat oor Desember op die land se paaie is onderweg na hul vakansiebestemmings, sal baie dalk kan getuig van die onverdraagsaamheid van motoriste en verontagsaming van verkeersreëls.

Daarom is dit  geen verrassing dat Zutobi wat ‘n studie gedoen het oor lande waar dit die gevaarlikste is om te bestuur, Suid-Afrika as nommer 1 gelys het met ‘n geskatte padsterftesyfer van 22.2 per 100 000 van die bevolking.

Thailand het ‘n tweede plek op die lys van gevaarlikste lande om te bestuur, gevolg deur die VSA, Argentinië en Indië.

Lande wat gelys is as die veiligste om te bestuur is Noorweë, Hongarye, Ysland, Japan en Estonia.

Padveiligheid hang af van verskeie faktore wat wissel van die dra van sitplekgordels tot padtoestande. Faktore wat met die studie in ag geneem is, is onder meer die spoedbeperkings op paaie, beperkings op die bloedalkoholpersentasie van motorbestuurders en padsterftes.

Related Articles

Back to top button