Local newsNews

‘n Dorp se omgee raak harte

....want om te gee is omgee

Op die h/v Presidentstraat en Philipstraat is ‘n hawe vir sowat 60 Sassa-penionarisse en motorwagte. Baie ken die Gleniffer-huis met sy inwoners tussen die ouderdom van 4 en 81 jaar. Die afgelope jaar het mense weer op soveel maniere hul harte oopgemaak vir die Gleniffer-huis inwoners. Gehelp waar hul kon, vreugde gebring.

Hoe sê mens dankie vir soveel goedheid sonder grense?

Dankie aan Almur Smit Pluimveeplaas vir die weeklikse skenking van eiers vir elke inwoner.

Die Boerevereniging vir die skenk van ‘n tweede JoJo watertenk wat groot verligting gebring het in die waterkrisis en gehelp het met verf om die Gleniffer-gebou te kon opknap.

Tip Top melkery wat die watertenks vol water hou.

Marizan Leondios en al die borge wat met soveel omgee bygedra het vir elke inwoner se ‘hamper’ en die vleis en bykosse om ook ‘n spesiale Kersete vir die inwoners te kon verseker. ‘n Besondere groot dankie ook  vir elke kind se skoolpakket en bederfpakkie. Dit beteken baie vir hierdie kinders.

Rose en Stefna van die Droomvrou wat al die afgelope paar jaar seker maak dat elke inwoner ‘n Kersboks vor pure bederf kry.

Tannie Pixie wat elke week vir almal ‘n kospakkie kom aflaai.

Die vier NG kerke vir die kwartaallikse etes uit die boeke en die predikante wat weekliks dienste by Gleniffer kom hou.

EnStyle vir die lekker bederfies wat elke nou en dan afgelaai word.

Elke persoon wat deur die jaar iets hier by Gleniffer kom aflaai het – hetsy anoniem of van wie ons nie al die name het nie, of wie per abuis nagelaat is om hier te noem. Weet dat elke omgeehart werklik ‘n verskil in die lewens van hierdie 60 mense by Gleniffer gemaak het.

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button