Local newsNews

Eskom sê ja, maar met voorwaardes

Wanbetaling volgens die skuldverligtingsplan kan ook vir deelnemende munisipaliteite beteken dat by die nasionale energiereguleerder (Nersa) aansoek gedoen kan word dat die kragverspreidingslisensie van die munisipaliteit opgeskort word.

Die Ngwathe munisipaliteit se aansoek vir Eskom se skuldverligtingsplan, is
voorwaardelik goedgekeur, het Titi Makhetha, van Eskom se kommunikasie
afdeling bevestig.

Eskom het vroeër vanjaar ‘n reddingsboei na sukkelende munisipaliteite uitgegooi met die skuldverligtingsplan. Met die plan is dit
moontlik vir deelnemende munisipaliteite om hul agterstallige skuld aan die kragreus oor drie jaar te verminder, of selfs te
laat afskryf mits volgehou kan word om deurlopend aan die streng voorwaardes van die plan te voldoen.

Om te kon kwalifiseer moes munisipaliteite by Eskom aansoek doen.

Gazette het in Augustus met die bekendstelling van die plan berig dat van die voorwaardes wat Eskom onder meer in die plan ingesluit het, ‘n bepaling inhou dat munisipaliteite wat in aanmerking wil kom, hul lopende rekening getrou binne 30 dae vandat die maandelikse Eskom-faktuur ontvang is, moet betaal.

Die plan vereis ook dat munisipaliteite setariewe ware koste moet verteenwoordig, en waar dit nie die geval is nie, aangepaste
tariewe oor drie tot vyf jaar infaseer moet word.

Daar is toe gesê dat as munisipaliteite wat deelneem aan die skuldverligtingsplan, vir twaalf agtereenvolgende maande aan al die gestelde voorwaardes voldoen, die nasionale tesourie, Eskom opdrag sal gee
om ‘n derde van die munisipaliteit se skuld, wat ook boetes en rentes insluit, af te skryf.

Nadat daar vir 36 aaneenlopende maande aan die gestelde voorwaardes van die plan voldoen is, kan die munisipaliteit se volle
agterstallige skuld selfs afgeskryf word, is toe gesê.

Sou ‘n munisipaliteit wat aanvaar is vir die skuldverligtingsplan egter nie in die drie jaar termyn aan die voorwaardes voldoen
nie, kan regstappe teen so ‘n munisipaliteit geneem word, en is dit moontlik dat daar ‘n aanslag kan wees op die munisipaliteit se
bankrekening, en selfs die herinstel van alle uitstaande skuld, rente en boetes.

Wanbetaling volgens die skuldverligtingsplan kan ook vir deelnemende munisipaliteite beteken dat by die nasionale energiereguleerder (Nersa) aansoek gedoen kan word dat die kragverspreidingslisensie van die munisipaliteit opgeskort word.

Eskom het vroeër gesê die voorwaardes van die plan vir munisipaliteite is so saamgestel dat selfs die munisipaliteite wat
die meeste aan Eskom skuld, hieraan kan voldoen.

Dit was met die skryf van hierdie berig nog nie bekend wat die voorwaardes is wat vir Ngwathe gestel is met die
voorwaardelike goedkeuring van die aansoek nie.

Daar is wel met die raadsvergadering op 14 Desember aangedui dat gewag word op ‘n
skrywe van Eskom oor wat die voorwaardes behels.

Ngwathe het op 31 Julie die kragreus alreeds ‘n enorme R1 825 210 00,00 geskuld

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button