Local newsNews

WAG ‘N WATERKRISIS OP HEILBRON ?

Solank die huidige hittegolf en verminderde watertoevoer voortduur moet verwag word dat die vraag na water die beskikbaarheid daarvan verreweg sal oorskry.

Rand Water het op 8 Desember in ‘n verklaring vyf wanbetalende munisipaliteite, wat Ngwathe insluit, met lank uitstaande skuld uitgewys. Ngwathe skuld tans R 61,4m aan Rand Water

In die verklaring meld Rand Water dat langdurige onderhandelinge met munisipaliteite ‘n dooiepunt bereik het en sê dat daar duidelik geen intensie is om te betaal of afbetalingsooreenkomste aan te gaan nie.

Rand Water het gevolglik volgens wetlike voorskrifte met die munisipaliteite ‘n dispuut tussen regeringsorgane verklaar om die betalingsprobleem te probeer oplos.

Dit blyk intussen dat Rand Water die afgelope tyd slegs ongeveer 4,4 megaliter per dag van die normale 8 megaliter water aan Heilbron verskaf het.

Inligting dui daarop dat Rand Water oënskynlik by die Merafong Munisipaliteit (Carletonville, Fochville en Wedela), wat R 763,7m verskuldig is,  toevoer besnoei het.  Vraag is dus of die verminderde toevoer aan Heilbron ook aan wanbetaling te wyte is?

“Amptenary van Rand Water word (soos dié van Eskom) verbied om direk met raadslede te praat of inligting aan hulle te verskaf en vrae aan die dorpsbestuurder en burgemeester daaroor word eenvoudig nie beantwoord nie” kla Vryheidsfront Plus rdl. Phillip van der
Merwe.

Solank die huidige hittegolf en verminderde watertoevoer voortduur moet verwag word dat die vraag na water die beskikbaarheid daarvan verreweg sal oorskry. Inwoners sal gevolglik ruim moet voorsien vir noodwater wanneer water wel in die stelsel beskikbaar
is. “Intussen hou ek vol met pogings om antwoorde oor die verminderde waterlewering te bekom” sê raadslid van der Merwe verder.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button