Local newsNews

Amerikaanse en Protea-spanne in die arena vir internasionale kragmeting in Parys

Maak seker jy gaan kyk na die uitstaaande ruiterkuns in die kragmeting wat Donderdag 14 Desember ten einde loop

Die 2023 International Invitation Saddle Seat Competition word tans by die AfriDome in Parys gehou met die senior en junior Suid-Afrikaanse en Amerikaanse ‘saddle seat’ spanne wat mekaar  die stryd aansê. ‘n Ongelooflike skouspel van uitstaande ruiterkuns wat hier op jou voorstoep aangebied word.

Woensdag 13 Desember is die eerste kompetisie klasse gehou, met die tweede dag se kragmeting tussen dié twee  spanne wat  Donderdag 14 Desember, gehou word.

Donderdag 14 Desember se program begin om 08:00 met die laaste klas om 14:00, en gala-ete en prysuitdeling wat vanaf 19:00 die aand gehou sal word.

Die SA Saddle Seat Senior-span saam met Saddle Seat SA president, Bertus Pretorius. Foto: Saddle Seat South Africa Facebook-blad

Suid-Afrika se senior span bestaan uit Izeldri Holder, Marzaan Visser, Junika Hugo, Izabella Klein, Megan Schnebel en Danje Pretorius.

As jy iets soek om te doen dié vakansie, maak seker jy mis nie die kampioenskappe nie. Dit is beslis iets om te sien en ‘n voorreg vir Parys om hierdie wêreldklas geleentheid hier te kan aanbied by uitstaande fasiliteite.

Toegang is gratis vir toeskouers.

Die Protea Junior en Senior Saddle Seat spanne by die AfriDome in Parys. Foto: Saddle Seat South Africa Facebook-blad

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button