Local newsNews

Geloftefeesdienste in en om jou omgewing

Verskeie Geloftefeesdienste word vanjaar in en om Parys gehou.

Dewetsdrift Geloftefees

Die Dewetsdrift Geloftefees word op Saterdag 16 Desember op die Dewetsdrift Geloftefeesterrein gehou. Die terrein is 7km vanaf die Skandinawiëdrift-brug aan Vrystaat-kant van die Vaalrivier rivier-op. (https://goo.gl/maps/in9jmv8fTgx)

Verrigtinge bein om 09:00 met voorsang, met die diens, gelei deur prof. Marius Nel, wat dan om 10:00 sal begin.

Sang word gelei deur Juan Greeff, Gerhard J. van Rensburg en span.

Die spreker wat vanjaar gehoor sal word is Louis Smuts, voorsitter en trustee van Tabok Trust, asook voorsitter van Navsfed. Hy dryf ook die Afrikner Akkoord.

Louis Smuts

Oudergewoonte sluit die program ook ‘n vlashysseremonie deur lede van die Parys Voortrekkerkommando in, kranslegging deur Toit en Hettie Brink, perde-kommando met Stefni Krugell en Lené Jansen van Noble Equestrian Sables, trompetspel deur Peet du Toit,  lees van die Gelofte deur Toit Brink en verrigtinge by die Klipstapel deur prof. Marius en mev. Nel, Louis en Marie Smuts, Toit en Hettie Brink en feesgangers.

Kom kuier die dag saam by die 115 jaar oue geskiedkundige Dewetsdrift Geloftefeesterrein teen die oewer van die Vaalrivier.

Indien moontlik bring jou eie stoel en/of kussing, sambreel en kollekte.

Daar is sowat 120 onderdak sitplekke in die amfiteater.

Genoeg vuurmaakgeriewe is beskikbaar vir dié wat wil braai en besoekers en gaste is hartlik welkom. Daar is ook gratis boereworsrolle, gemmerbier en koeldrank.

 

 

Geloftefees Udolpho Rivierplaas

Geloftefeesvieringe by Koedoesfontein

Die Geloftefeesvieringe by Koedoesfontein op die Parys/Potchefstroom-pad begin om 09:30 met voorsang. Die diens gelei deur ds. Etieen Duvenage begin om 10:00. Vir navrae skakel Willie Olivier by 073 563 8017.

 

Vegkop Geloftefees

Die Vegkop Geloftefees vind plaas op 16 Desember by die Vegkop Slagveldterrein buite Heilbron.

Die program begin om 08:45 met samesang en trompetpel, gevolg deur die lees van die Gelofte.

Ds. Jurie Venter sal die diens lei.

Die kranslegging en huldeblyk word gedoen deur Maretha en Jasper van der Bijl, gevolg deur ‘n Swartkruissalvo – voorlaaiers deur Charl Marais.

Feesetes is beskikbaar teen R120 per ete en moet vooraf gereël word by Anita Scheepers 082 413 2218

Geloftefeesnavrae kan gerig word aan Hennie Naude by 083 269 9293.

Kampering geriewe op die terrein is beskikbaar. Skakel Corné van der Merwe by 083 306 0357.

NG Moedergemeente, Viljoenstraat, Parys

Erediens 09:30

Related Articles

Back to top button