NewsSportSport

Skitterende prestasies vir dié atlete van Parys

Baie geluk aan hierdie atlete

Vyf baan en veld atlete van Parys het op 2 Desember by die Lillian Ngoyi Stadion in Secunda aan die ASA Sub-Jeug Kampioenskappe (o.7 – o.13 jaar) deelgeneem. Elf provinsiale atletiek federasies, waarvan atlete gekeur is op grond van hul beste prestasies vir die 2023 seisoen, het saamgetrek vir ‘n baie warm en finale kragmeting om die jaar af te sluit.

Die vyf atlete van Parys, afgerig deur Chanel Gerber van Running with G’Race sport kondisionering en atletiek akademie, was goed voorberei om hulle man te staan en goed te presteer, ten spyte van baie sterk kompetisie.

Die jongste van die Parys atlete, Wikus Weidemann (o.7), verteenwoordig AVT tydens die byeenkoms en spog met twee medaljes.
Hy behaal ‘n tweede plek in die 60 m met ‘n tyd van 9.60 sekondes, en ‘n gesamentlike eerste plek in die 80 m met ‘n tyd van 12.47 sekondes. Inke Nortman (o.11 ) verteenwoordig AFS en ding mee in die 70 m hekkies, verspring en hoogspring items.

Zuan van Riet (o.13) het vir AFS sy slag gewys in die 80 m hekkies en 200 m hekkies items onderskeidelik. Wikus, Inke en Zuan is leerders van Parys Primêre skool.

Liam Steynberg (o.11) van Parys Multisport het AVT verteenwoordig in die 70 m hekkies, en Isabella Steynberg (o.13), ook van Parys Multisport, het AVT in die 75 m hekkies verteenwoordig. “Ek is baie opgewonde oor die komende seisoen,” sê afrigter Chanel Geber. “Ek glo dat 2024 net soveel seën sal inhou en dat Parys se atlete skitterende prestasies sal behaal,” het Chanel gesê

Die atlete van links: Zuan van Riet, Liam Steynberg, Isabella Steynberg, Inke Nortman en Wikus Weidemann.

Related Articles

 
Back to top button