Local newsNews

Nog goudstof, geld gekry na groot deurbraak in onwettige goudhandel

“Die arrestasie dien as ‘n waarskuwing aan misdadigers dat die polisie oë en ore oral het. Daar is nêrens om heen te vlug nie,” 

‘n Dag nadat lede van  die polisie se ondersoekeenheid vir ernstige georganiseerde misdaad in Welkom, tesame met ‘n prioriteits misdaad ondersoekspan  van die Valke, Openbare Orde Polisielede en lede van Protea Coin Sekuriteit,  drie mans by ‘n huis in Parys inhegtenis geneem het vir die beweerde onwettige handel in goud, is benewens die onverwerkte goud met ‘n geraamde waarde van R3 miljoen, en ongeveer R4 miljoen se kontant waarop beslag gelê is, nog goudstof en R800 000 in kontant danksy knap werk deur die polisie, gevind waar dit versteek was in een van die vier voertuie waarop beslag gelê is.

Die drie mans het reeds voor die hof verskyn vir ‘n formele borgaansoek en is R70 000 borg elk aan twee van die mans toegestaan. Die derde bly in aanhouding tot hul volgende hofverskyning.

Die Valke se provinsiale woordvoerder, lt. kol. Zweli Mohobeleli  het met die arrestasie op Vrydag 24 November gesê,  inligting is opgevolg oor die beweerde optrede waarmee goud geruil is vir kontant oor die provinsiegrense van die Vrystaat en Gauteng. Hy he gesê ondersoekers het hul oë op die huis in Parys gehad waar die beweerde onwettige aktiwiteite sou plaasgevind het.

Daar is toe daarin geslaag om ‘n deursoekings- en beslagleggingslasbrief te kry, en het wetstoepassersop de huis toegeslaan.

“Die arrestasie dien as ‘n waarskuwing aan misdadigers dat die polisie oë en ore oral het. Daar is nêrens om heen te vlug nie,”  het die hoof van die Valke in die Vrystaat, majoor-generaal Mokgadi Bokaba na die arrestasie gesê

Hy het die arrestasie verwelkom en dit as ‘n deurbraak bestempel in die samewerking en die deel van inligting oor provinsiegrense heen.

“Ons misie is om onwettige mynbedrywighede en misdaad wat daarmee saam gaan, uit te roei,” het hy gesê.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button