Local newsNewsSport

Negentiende plek op wêreldranglys vir Gerhardt

Baie geluk aan die talentvolle jong gimnas

Die 13-jarige Gerhardt van Niekerk van Parys is na afloop van sy deelaname aan die 30ste FIG Trampolien Gimnastiek Wêreldkampioenskappe in Birmingham, in die Verenigde Koninkryk, 19de op die wêreldranglys geplaas uit ‘n totaal van 29 deelnemers in die 13-14 jaar Mans Dubbel Mini-trampolien kategorie.

Gerhard was deel van die Suid-Afrikaanse span wat van 16-19 November aan die wêreldkampioenskappe deelgeneem het.
Die kompetisie is die mees gesogte internasionale byeenkoms vir die junior trampolien-gemeenskap, en was dit die eerste junior wêreldkampioenskap wat aangebied is.

Vir die 13-jarige Gerhardt van Niekerk het sy deelname aan die wêreldkampioenskappe die kroon gespan op ‘n jaar van uitsonderlike prestasies.

Dit was ook Gerhardt se eerste internasionale kompetisie deelname.

Sy hoëprestasie-afrigter, en voormalige Afrika-kampioen, Star Mapeka, sê hy is opgewonde om te sien wat 2024 vir dié talentvolle gimnas inhou met die Afrika Kampioenskappe wat in 2024 in Tunisië gehou word.

Klubeienaar van Parys 20 Four 7 en trotse ma, Charmain van Niekerk, het gesê sy is baie trots op Gerhardt se uitmuntende prestasie.
Gerhardt is ‘n leerder van Parys Primêre skool.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button