Local newsNews

Die bykans ongelooflike geologiese wonder van die Vredefortkoepel

Die Vredefortkoepel is in 2005 deur Unesco as Wêrelderfenisgebied gelys. Hier is 'n paar interessante feite wat jy dalk nie geweet het nie.

Vandag kan ons sien hoe die rotsformasies van die Vredefortkoepel duidelik in kringe sigbaar is. Die oudste rotse wat diep onder die aardkors begrawe was voor die impak, word in die middel gevind.

Dit is meestal graniet-gneis wat meer as 3 000 miljoen jaar oud is. Beide die dorpe van Parys en Vredefort is gebou op hierdie gneis, en die rots is dan ook in verskeie kwaries gemyn.

Die bergagtige gebied rondom Vredefort bestaan uit harde wit kwartsiet, met die valleie tussen-in, uit sagter skalie
Naby Venterskroon is goud op ‘n klein skaal uit dun rotslae ontgin.

Nader aan Potchefstroom en Fochville lê sagter lae lawa en dolomiet wat meer eweredige terrein vorm.

Al hierdie rotstipes wat baie skuins afhel vorm deel van die Vredefortkoepel, maar verder suid word dit bedek met horisontale skalie lae wat gevorm is lank na die impak.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button