Local newsNews

Emeritus na sewe en dertig jaar in die bediening

Ons wens dr. Rudolph en Minharde net die mooiste toe op hul pad vorentoe.

Na 37 jaar in die bediening waarvaan die afgelope twaalf jaar as leraar van die Gereformeerde gemeente Parys was, het Dr Rudolph van der Merwe, op 29 Oktober sy emeritaat aanvaar. Sy emeriteringspreek is ook bygewoon deur prof. Naas Ferreira (namens die GKSA en Teologiese Skool).

Dr. Rudolph, en sy vrou, Minharde, sal in Parys aanbly waar hul as predikantspaar besonder geliefd in die gemeenskap was.
Die egpaar het in 2011 na Parys verhuis toe dr. Rudolph die beroep na die Parys-gemeente aanvaar het. In 2022 het hul ook die groot voorreg gehad om die feesvieringe van die gemeente se 150ste bestaansjaar te kon lei.

Dr Rudolph se roeping as predikant begin in Louis Trichardt (1987-2000), waarna hy ook die gemeentes van Carletonville (2000-2006) en Wolmaransstad (2006-2011) bedien.

Tydens sy bedieningstyd in Wolmaransstad verwerf hy sy D.Phil in Kerkreg.

Boodskappe van die gemeentes waar hy leraar was oor die jare het getuig van nie net ‘n herder en leraar se toewyding nie, maar ook ‘n familievriend van elke gemeentelid en gesin. “Hy was diensbaar op so ‘n mooi ywerige, nederige en opregte wyse. Hy het ‘n gawe gehad om sy kennis en liefde vir God en Sy Woord op so verstaanbare en ‘kinderlike’ wyse oor te dra dat die jongste gemeentelid tot die oudste dit kon verstaan en begryp,” is gesê.

Dr. Rudolph en Minharde van der Merwe.

Ons wens dr. Rudolph en Minharde net die mooiste toe op hul pad vorentoe.

Die gemeente sal nou begin met die proses om ‘n leraar te beroep.

Related Articles

Back to top button