Is dit moontlik om oor te begin?
Soms loop die lewe met jou vreemde draaie. Baie maal deur eie keuse of andersins deur jou omstandighede. En dan beland jy skielik in n doodloopstraat of op die vullishope van die lewe. Jy word afgedank, gaan deur n egskeiding, raak bankrot, n geliefde sterf of jy beland in die tronk. En dan die vraag: …
Soms loop die lewe met jou vreemde draaie. Baie maal deur eie keuse of andersins deur jou omstandighede. En dan beland jy skielik in n doodloopstraat of op die vullishope van die lewe.
Jy word afgedank, gaan deur n egskeiding, raak bankrot, n geliefde sterf of jy beland in die tronk.
En dan die vraag: Bly ek sit op Moedverloor se vlakte? Of staan ek op, stof myself af en begin van voor af.
Verdien ek n tweede kans?
Hierdie vraag beantwoord Stefaans Coetzee met n dawerende JA!
In sy boek ” Onbeskryflike genade” wil hy ons almal motiveer om die tweede kans aan te gryp en die beste daarvan te maak.
Kom kuier gerus saam op 9 Desember by Kaalvoet Kafee( tussen Vaal du Pont en Bon Af bessieplaas ) om te luister na Stefaans se fassinerende lewensreis.
Die sang van Alabama Dream gaan ook ons hartsnare streel.
Vir navrae skakel Corlia by 082 732 0257.