Local newsNews

Hulle skrik nie vir ‘n uitdaging nie

Na die ysige seewater is daar vanaf Herbertsdale fiets getrap met byna 1 000 m se opdraande. Die afstand wat gehadloop moes word het bestaan uit drie 7 km rondtes tussen Santos en Die Punt by Mosselbaai.

Agt Parysenaars het Sondag die half Ysterman kragmeting in Mosselbaai aangedurf waar deelnemers se uithouvermoƫ getoets is met 1,9 km see-swem, 90 km fietry, en toe 21 km hardloop. Die Parysenaars het almal die uitdaging voltooi in tye wat gewissel het van ses tot agt ure. Die afsnytyd was 8,5 ure.

Dit was Bernard Hattingh, Jean Greyling en Lize Haveman Nel se eerste half Ysterman deelname. Die ander Parysenaars wat hul staal gewys het was Rocco Pretorius, Lorette Pretorius, Anina de Villiers, Hendrik Scheepers en Ruan Briel. Lorette vertel die voorbereiding was taai. Daar is 2-3 keer per week in die swembad geoefen met 1,2 km tot 2,5 km op ‘n slag wat geswem is. Drie keer ‘n week is die tekkies aangetrek om te gaan draf met tussen 20 tot 40 km per week wat gehardloop is.

Hendrik Scheepers in aksie.

Van die Parysenaars wat deelgeneem het was Rocco Pretorius, Lorette Pretorius, Anina de Villiers en Lize Haveman Nel.

Die Parysenaars is tweede van links Jean Greyling, Bernard Hattingh en Ruan Briel.

Dan moes daar ook nog tyd gemaak word om fiets te trap. Minstens drie keer per week met ‘n totaal van tussen 5 en 8 ure op die fiets per week. Hoewel elkeen verskillende oefenprogramme gehad het, het elkeen min of meer dieselfde oefenure en afstande ingesit om voor te berei.
Die see-swem was veral opwindend en is daar 07:00 die oggend met ‘n wagtyd van 10 sekondes tussenin in groepe weggespring.

Na die ysige seewater is daar vanaf Herbertsdale fiets getrap met byna 1 000 m se opdraande. Die afstand wat gehadloop moes word het bestaan uit drie 7 km rondtes tussen Santos en Die Punt by Mosselbaai.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button