Local newsNews

Man op aanklagte van Bestialiteit in hegtenis geneem

'n Verdagte wat na bewering sy vier honde verkrag het is op aanklagte van bestialiteit gearresteer.

‘n 48-jarige man is 16 November in Stilfontein gearresteer op aanklagte van bestialiteit. Hy het na bewering sy vier honde verkrag. Die man het reeds voor die hof verskyn.

Volgens Kolonel Adele Myburgh is die insident op 10 November by die polisiestasie in Stilfontein deur ‘n Stilfonteinse Diere-hawe (Matlosana Animal Shelter) gerapporteer.

Hy is vasgetrek nadat ‘n vriend van die verdagte na die shelter gekom het met videos waar die verdagte seks met honde het. Die klag is toe deur die shelter by die polisie gelê, en is die man na ‘n lokval by die dierehawe in hegtenis geneem.

Suzette Kotze, mede-eienaar van Matlosana Animal Shelter, het bevestig dat vier hondjies gekonfiskeer is en tans by die diere-hawe aansterk. “

Indien jy skenkings wil maak om die hondjies te ondersteun op hul herstelpad, kontak Suzette Kotze by 072 814 5927.

Lees die volledige berig in die Potchefstroom Herald

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/news/2023/11/21/man-op-aanklagte-van-bestialiteit-in-hegtenis-geneem/

Die hondjies was brandsiek as gevolg van mishandeling. Foto: Verskaf.
 Hierdie Jack Russel is volgens Suzette Kotze tussen drie tot vier keer per dag verkrag. Foto: Verskaf.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button