Local newsNews

‘n Luisterryke aand met Bond

Die viering van 'n aand van Bond het 'n hoogtepunt bereik met die aanwysing van dr. Gerrit Gouws as die Sangskool se Sangstudent van die jaar.

As jy die temaliedere hoor, twyfel jy nie dat dit uit ‘n Bondfilm kom nie. Oor die jare was die uitsonderlike temamusiek van die Bond-films in kenmerkende styl immers ewe bekend as die Bond-films waarin dit gehoor is.

‘n Keur van die beste van hierdie temaliedere is gehoor tydens vanjaar se gala-konsert van die Stefan Louw-sangskool in ‘n uitsonderlike
program. Soos vorige jare het dié studente se talent en vertolking van die musiek onder die bekwame afrigtershand van tenoor Stefan
Louw, tesame met Lizette Combrink wat as gaskunstenaar opgetree het, besonder beïndruk.

Die ikoniese Bond temamusiek is spesiaal geskep vir die filmreeks gebaseer op Ian Fleming se karakter, James Bond, ook bekend as 007.

Elke Bond-film wat oor die jare geskep is, het ‘n temalied gehad wat sinoniem met die films geword het.

Die tradisie om temaliedere in die Bond-films te vertoon, het begin met Dr No in 1962. Die lied, James Bond Theme, gekomponeer deur Monty
Norman, het onder meer gedien as integrale tema, en was later sinoniem met die karakter.

Dit was egter die sukses van die tweede film, From Russia with Love (1963) met die eerste
vokale temalied, gesing deur Matt Monro, wat die konsep van Bondtemaliedere gevestig het.

Verskeie van die Bond temaliedere is oor die jare genomineer en het selfs pryse gewen, insluitend die Grammy Awards. Die lied, Skyfall, gesing
deur Adele, het onder meer die Academy Award gewen vir Beste Oorspronklike Lied, en ook die Golden Globe Award vir Beste Oorspronklike lied, benewens talle ander toekennings.

Bekroonde kunstenaars soos Shirley Bassey (Goldfinger, Diamonds are Forever en Moonraker), Paul McCartney en Wings (Live and Let Die), Adele (Skyfall) en Sam Smith (Writings on The Wall uit Spectre), het meesterlike vertolkings van die Bond-temaliedere gegee.

Die viering van ‘n aand van Bond het ‘n hoogtepunt bereik met die aanwysing van dr. Gerrit Gouws as die Sangskool se Sangstudent van die jaar. Die trofee is deur die 2022-wenner, Werner van Coller, aan hom oorhandig.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button