Local newsNews

Voertuigdiewe na jaagtog in Parys vasgetrek

Flink polisie-optrede lei tot arrestasie

Die  arm van die gereg was net té lank vir twee vermeende voertuigdiewe wat in Parys vasgetrek is op ‘n klag vir die besit van vermoedelik gesteelde voertuie.

Volgens polisiewoordvoerder, sers. Josephine Rani, het Fezile Dabi Hoofweg patrollielede Vrydag 17 November in die vroeë oggendure patrollie gedoen toe hul inligting gekry het van twee voertuie wat in Bothaville gesteel is en in die rigting van Parys na Sebokeng onderweg was.

Die inligting is opgevolg en is die voertuie toe inderdaad in Parys opgemerk en agterna gesit.

Tydens die jaagtog het die verdagtes op ‘n stadium die voertuie agtergelaat en te voet verder probeer vlug. Polisielede het hulle agterna gesit en is twee van die drie verdagtes gearresteer. Daar is ook beslag gelê op die twee gesteelde voertuie, asook ‘n derde voertuig wat tydens die misdaad gebruik is.

Die verdagtes sal Maandag 20 November in Parys voor die landdroshof verskyn, het sers. Rani gesê,

Die voertuie waarop beslag gelê is. Foto’s verskaf

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button