Local newsNewsSchool

Boomplantdag ook deur gr. 11 VLR-lede en leerlingraad van HS Parys gevier

Boomplantdag is in 1983 die eerste keer in Suid-Afrika gevier, en is vanaf 1999 uitgebrei na Boomplantweek wat gewoonlik die eerste week in September gehou word.

Boomplantdag is in 1983 die eerste keer in Suid-Afrika gevier, en is vanaf 1999 uitgebrei na Boomplantweek wat gewoonlik die eerste week in September gehou word. Vanjaar het die graad 11 VRL-lede en leerlingraad van HoĆ«rskool Parys, trou aan die skool se tradisie, ‘n boom geplant.

Vanjaar was dit die Celtis Africana, beter bekend as die witstinkhout. Die boom het sy naam te danke aan die onaangename reuk wat vrygestel word van vars, gesnyde hout, en die bleekheid van die bas.

Op die foto is die skoolhoof, mnr Lucien van Zyl, saam met die leerlingraad en gr. 11 VRL-lede.

Related Articles

Back to top button