News

‘Tragedie-boom’ langs afrit afgekap

"Ons het nie 'n probleem daarmee dat die boom nou af is nie. Ons sal later weer 'n gedenkteken hier oprig," sê wyle Nicky Pretorius se pa.

 

SASOLBURG. – Die boom langs die R57-afrit wat onlangs in afsonderlike motorongelukke die lewe van twee jongmense geëis het, is afgekap.
Nicky Pretorius (jr.) het op 29 Junie in die hospitaal gesterf nadat hy en sy broer Michael die vorige aand op pad na Sasolburg teen die boom gebots het. Me. Gilene Groenewald het die nag van 28 September op dieselfde plek gesterf toe haar bakkie die boom tref.
Vurige debatte is die afgelope weke deur Facebook-lesers oor die boom se toekoms gevoer. Baie was ten gunste daarvan dat die boom afgekap moes word omdat dit snags nie deur motoriste gesien kon word waar dit naby ‘n draai teenaan die pad gestaan het nie. Ander het gemeen die boom moes bly en dat motoriste moes leer om nie vinnig of onverskillig in die afrit te ry nie.

Verskeie individue, lede van politieke partye en plaaslike gemeenskapsorganisasie het die afgelope weke gedreig om die boom te gaan verwyder as die owerhede dit nie self doen nie. Groot geheimsinnigheid heers nog oor wie uiteindelik verlede week die boom afgekap het.
Vir mnr. Nicky Pretorius (sr.) en sy gesin het die boom en gedenkkruis wat hulle hier opgerig het, ‘n besondere betekenis gehad na “klein” Nicky se dood.

“Ons het egter nie ‘n probleem daarmee dat die boom nou af is nie. Ons weet nie wie dit afgekap het nie. Ek het net verlede week gehoor die boom lê. Ons sal mettertyd, nadat die takke weggeneem en alles skoongemaak is, weer ‘n gedenkteken vir Nicky gaan oprig,” sê mnr. Pretorius.

 

Die lugfoto toon hoe naby die boom aan die pad gestaan het.Die volledige berig kan by die skakel gelees word. 

https://vaalweekblad.com/174274/tragedie-boom-langs-afrit-afgekap/

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button