News

Hoërskool Parys se 1973 matrieks kuier saam

Dit was 'n blye weersiens vir matriekmaats van Hoërskool Parys se 1973-matriekklas toe daar die naweek behoorlik gekuier en staaltjies uitgeruil is van kosbare skooldae herinneringe by dié groep se 50 jaar reünie.

 

Die klasmaats het in 1983 hul tien jaar reünie op die plaas Panama van Hennie en Frandri Cronje gehou. Tien jaar later is daar weer met hul twintig jaar reünie gekuier – dié keer by hul alma mater. Oor die jare is daar kontak gehou en seker gemaak hulle laat nie ‘n kans verbygaan vir saamkuier nie. So is daar in 2005 weer op Panama by die Luiperd Lapa byeengekom, en in 2006 met die besoek van Marina Pedretti aan Suid-Afrika, plan gemaak om haar te sien. Marina is in Rome gevestig en het die naweek se reünie op WahtsApp-video gevolg.
Die laaste saamkuier was in 2018 by O’s en Cherry on Top.

Met vyf jaar wat sedertdien verloop het, was dit hoogtyd vir ‘n lekker kuier. ‘n Vrolike groep van 27 oudmatriekmaats van wie sommige mekaar dertig jaar laas gesien het, het seker gemaak dat dit ‘n naweek vir die boeke sou wees.

Ses egpare het by Egweni tuisgegaan, en daar al die kuier aan die gang gesit. Chris Greeff het Saterdagoggend die geleentheid gebruik om die plaaslike parkrun te doen, en teen 11:00 is daar by O’s bymekaargekom waar ook saam met die skoolhoof van Hoërskool Parys, mnr. Lucien van Zyl, gekuier is. Dankie aan Japie Coetzee, die klas se hoofseun, wat Lucien gebring en aan die groep voorgestel het.

Na ‘n heerlike ete is stadigaan vertrek na verskillende kuierplekke om die Bokke te ondersteun. Die Sondagoggend is daar gegroet met koffie en ontbyt by O’s. As herinnering van 50 genadejare is ‘n boek aan elkeen van die matrikulante gegee met elkeen van die klasmaats se lewensreis oor die afgelope 50 jaar, asook foto’s daarin saamgevat. Oor die afgelope 50 jaar is vyf van die matriekmaats oorlede. Hulle is Le Roux Preakelt, Christo Coetzer, Kobie Pienaar, Theuns Roux en Wouter Croeser.

Marita Maré het in haar boodskap dankie gesê aan Hennie en Frandri vir hul moeite met die reëlings, en vir Frandri wat die groep bymekaar hou. Vier van die klasmaats met wie oor die jare nog nie kontak gemaak kon word nie, is Betsie Wiegand, Michiel Matthee, Vikus Jordaan en Johan Pelser. Mense wat kontak met hulle sou hê is gevra om Frandri by 083 627 6650 te skakel.

Die 1973 matrikulante en hul gades wat die reünie bygewoon het.

Die matrikulante wat die reünie bygewoon het is:

Elsa Fey

Marita Cronje

Bokka Cilliers

Frandri Cronje

Deline du Plessis

Martie van der Westhuizen

June Erasmus

Rina le Grange

Chris Greeff

Japie Coetzee

Leon van der Merwe

Hendrik Swanepoel

Pieter Labuschagne

Piet Griesel

Jacoba (van der Merwe) Deal

Christina Verster

Lynn Cox

Marlene

Related Articles

Back to top button