News

Pure plaasplesier op Parys gholfbane

Altesamme 96 dames gholfspelers van regoor die land neem deel aan die toernooi.

Van die Bobotie Babes tot die Piekfyn Cherries en die Fairway Varkies het Dinsdag aangetree op die gholfbaan vir die Parys Ladies Classic gholftoernooi wat vandeesweek op beide Parys se spog gholfbane beslis word. Vanjaar is die grootste toernooi nog die afgelope twaalf jaar met 96 spelers van Parys tot Patensie wat hul gholfvernuf kom wys.

So kleurvol soos die  spandrag was die spanname, toe daar Dinsdag op die Parys Golf & Country Estate-baan afgeslaan is vir die spankompetisie. Woensdag 25 Oktober word die individuele kompetisie op die  Vaal de Grace-gholfbaan beslis.

Die tema – ‘Boere Sjiek’ – was so reg in die kraal van Parys se lekker landelike plaasatmosfeer, vertel Elizabeth Fourie wat die toernooi in 2012 begin het, en sedertdien tweejaarliks aanbied.  Aan die begin was dit sy en Toets van der Westhuizen wat hul tuisdorp verteenwoordig het, uit ‘n totaal van 32 spelers wat toe ingeskryf het,vertel sy.

Vandeesweek het Parys met ‘n trotse 20 dames op die gholfbaan kon spog vir die toernooi wat vanjaar vir die sesde keer aangebied is, danksy die ondersteuning van haar gholfvriendinne, en die  gemeenskap van Parys wat die gholfdames met ope arms en egte plattelandse hartlikheid verwelkom, sê Elizabeth.

Related Articles

Back to top button