News

Feathers gesels oor Houtkappers

Op Saterdag, 28 Oktober gaan Feathers besoek aflê by Derick en Riandi du Plessis van Daskop Game Farm om voëls te kyk. Dit sal 'n eerste besoek aan Daskop wees, en baie interessant om te sien watter voëls daar voorkom.

Parysenaars wat belangstel in ons voëllewe word vriendelik genooi om Feathers Voëlklub se volgende byeenkoms op Donderdag, 26 Oktober om 18:30 by Sally Martin Park se saal by te woon. Dawie Kleynhans van Sasolburg wat al by twee geleenthede baie interessante praatjies, onder meer oor die voëls van die Bybel hier aangebied het, besoek die klub die aand. Die tema vir sy aanbieding is “Houtkappers en Spegte /Barbets and Woodpeckers”, en dit sal ook ‘n foto-raai insluit.

Tydens die klub se September-uitstappie is Rietpoort Cottage besoek. Met die besoek is 46 voëlspesies, insluitend ses spesies wat nog nie voorheen daar gekry is nie, aangeteken. Daar is dus nou ‘n totaal van 106 voëlspesies by Rietpoort Cottage aangeteken.

Op Saterdag, 28 Oktober gaan Feathers besoek aflê by Derick en Riandi du Plessis van Daskop Game Farm om voëls te kyk. Dit sal ‘n eerste besoek aan Daskop wees, en baie interessant om te sien watter voëls daar voorkom. Indien jy nie die byeenkoms op Donderdag, 26 Oktober kan bywoon waar meer inligting oor die uitstappie gegee sal word, kan jy Hansie Bekker by (056) 811 4754 / 082 820 4306, of Peter Killian by 083 625 8100 skakel om die finale reëlings te kry. Onthou jou piekniekmandjie, verkyker en stoel as jy saamgaan op die uitstappie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button