News

UItreik na haweloses en kinderhuis met mini Octoberfest

Mense wat donasies wil maak vir die fondsinsamelingsprojek kan dit nou reeds in die Voer die Varkie trollies by Spar en Pick 'n Pay plaas. 

n Fondsinsamelingsprojek om uit te reik na haweloses, Annatjie se kinderhuis en die blinde musikant, Corrie Visagie, word op 28 en 29 Oktober by die Montgolfiers Restaurant (by Parys se vliegveld langs die R59 net buite Parys) gehou.

Die projek sluit in ‘n Charity Drive/Mini Octoberfest en ‘Voer die Varkie’ inisiatief.

Van die aktiwiteite waarna by die Octoberfest uitgesien kan word, is ‘n opwindende skattejag, kinder pretaktiwiteite,  vlooimark, boeresport, skyfskiet, Simba & Niknaks kompetisie, potjiekoskompetisie en “Quick Cash drew”.  Verskeie kunstenaars tree op.

Om jou kookvernuf op die proef te stel vir die potjiekos-kompetisie kos R100 per inskrywing, en daar is ‘n R500 kontantprys op die spel vir die wenkok.

Deelname aan die boeresport is gratis en word aangebied deur die Krag Apie Gym.

Jy kan met ‘n R10 lootjiekaartjie die kans staan om geskenkpakke van Schwims Local Choice Pharmacy te wen. Lekker pryse is ook op die spel met die skattejag met onder meer R1 000 wat as eerste prys  gewen kan word.

Vir die Quick Cash Draw is slegs 500 kaartjies beskikbaar teen R250 ‘n kaartjie, en is daar R5000 vir die eerste prys, R3 000 vir die tweede prys, en R2 000 vir die derde pryswenner. (Kaartjies moet almal verkoop wees voor die wenners aangewys kan word.)

Die kinderpretpark op die terrein is omhein en is volwasse toesig ook vir kinders beskikbaar  teen R30 per uur.

Aktiwiteite by die pretpark sluit in trampolien spring, swaaie, ‘n sandput en klimraam.

Teen slegs R5 per aktiwiteit kan kinders ook deelneem aan kaskarritte, gesigverf, perderitte, inskrywings vir die Mej Lente Bloeisel kroning, Mnr Disco Matic inskrywing, ‘n inkleurkompetisi, en Niknaks Lucky Spot kompetisie. Dan is daar ook nog treintjieritte en ‘n simulator vir die kinders.

Toegang vir Saterdag se pretdag kos R50 vir volwassenes en R30 vir pensionarisse. Kinders onder 12 jaar het gratis toegang.

Sondag 29 Oktober word ‘n Gospel-dag aangebied met die Victorious Vocal Band en ander kunstenaars. Toegang vir die dag is nie-bederfbare produkte, toiletware of skoonmaakprodukte of kinder- en volwasse doeke waarmee jy op hierdie manier kan uitreik na hulle wat minder het.

Daar is tydens die naweek ook geleentheid om ‘n ete saam met Manie en Christel Jackson by enStyle te wen. Skryf in teen R100 per inskrywing. Die wenner sal op 28 Oktober om 19:00 by Montgolfiers aangekondig word. Vir aanlyn inskrywings vir die kompetisie kontak Shams by 060 656 2069. Jy kan ook inskryf deur ‘n ete van nie minder as R100 by EnStyle te gaan geniet en jou strokie met jou naam en besonderhede in die kompetisiehouer te plaas om in aanmerking te kom vir die prys.

Onthou alle verversings moet op die perseel gekoop word en geen eie verversings word toegelaat nie.

Mense wat stalletjies vir die geleentheid wil bespreek kan Shams skakel by 060 656 206. Gou spring – slegs 22 stalletjies is nog beskikbaar.

Die prysuitdeling vir die kinderafdeling kompetisies sal Saterdag 28 Oktober om 15:30 gehou word, en alle ander prysuitdelings  die aand vanaf 19:00 by Montgolfiers gehou.

Mense wat donasies wil maak vir die fondsinsamelingsprojek kan dit nou reeds in die Voer die Varkie trollies by Spar en Pick ‘n Pay plaas.

Related Articles

Back to top button