News

Parys VLU vier Kankermaand

Die volgende vergadering is 7 November

Oktober is Kankermaand. Pragtig in pienk getooi, het die dames van die Parys tak van die Vroue Landbou Unie (VLU) op 3 Oktober vergadering gehou. Almal was in ‘n goeie luim en het heerlik piekniek gehou.

Marietjie Oehley was die spreker en sy het aan die dames vertel hoe belangrik dit isom te oefen. Sy het ook beklemtoon hoe belangrikdit is om jou sintuie – ore – hoor, oë – sien, neus – ruik, mond – proe en gevoel te gebruik.

Helene Maree en Irine Snyman.

Marietjie Oehley en Kobie Pretorius. 

* Oefening is vir enige mens baie belangrik. Dit verbeter soos wat jy jou sintuie oefen. Moet nie ophou om te speel en te oefen nie, jou lewe sal verbeter.

* Kyk minder TV en bly besig.

* Dit is goed om ‘chappies’ te kou – dit laat die konsentrasie styg en oefen die fyn spiere na diebrein.

* Mense word ouer en van 60-jarige ouderdomaf moet jy ‘n kopskuif maak. Irine Snyman het die
dames meer oor borskanker vertel en hoe gereeld vroue dokter toe moet gaan vir ondersoeke.

Die volgende vergadering is 7 November. Enige navrae kan gerig word aan Annatjie Dreyer by082 464 0204 of Bernadet v/d Ende by 082 474 0304.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button